Nuusflits: Suid-Afrika Nasionale Verkiesing

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

AGS Nuusflits_Vrydag_9FEB24

 

Up4SA Verenigde Gebed Vir Suid-Afrika:
https://www.facebook.com/Up4SA?ref=page_internal

NOB Bemagtiging Besoeke 2024 (Uitnodiging):
https://afm-ags.org/category/events/

AGS van SA Kalender 2024:
https://afm-ags.org/afm-calendar-2024/

Pastorale Brief van die 4de Kwartaal:
https://afm-ags.org/pastorale-brief-4de-kwartaal-2023/

 

Liewe Kollega,

1. SUID-AFRIKA: NASIONALE VERKIESING

Die datum van die 2024 Nasionale verkiesing sal binnekort aangekondig word. As gelowiges en volgelinge van Jesus Christus bevind ons onsself verweef in die strukture van die samelewing, geroep om die sout en lig te wees waarvan Christus in Matteus 5:13-16 gepraat het.

As Christene is ons nie net waarnemers nie, maar aktiewe bydraers tot die vorming van die wêreld om ons. Om te stem is nie net ‘n burgerlike plig nie – dit is ‘n praktiese uitdrukking van ons geloof. Ons Here moedig ons aan om uit te reik na ons leefwêreld, positiewe verandering teweeg te bring en instrumente van Sy liefde en geregtigheid te wees. Die Bybel leer ons hoe belangrik dit is om die welsyn van die stad waar God ons geplaas het, te soek (Jeremia 29:7). Deur aan die nasionale verkiesing in ons land deel te neem, dra ons by tot die besluitnemingsprosesse wat ‘n impak het op die gemeenskappe waarin ons leef. Ons stemme maak saak, en deur ons stemme het ons die geleentheid om ons waardes in lyn te bring met beleide wat geregtigheid, deernis en die welstand van al die mense van ons geliefde land bevorder.

Paulus het die vroeë Christene aangespoor om vir gesaghebbendes te bid (1 Tim. 2:1-2). Om te stem is ‘n tasbare verlengstuk van ons gebede – aangesien dit ons in staat stel om leiers te kies wat met integriteit sal regeer, morele beginsels sal handhaaf en ons land vorentoe sal neem. Laat ons in hierdie deurslaggewende oomblik opstaan om te stem, gemotiveerd deur ons gedeelde geloof en die begeerte om te sien dat ons land se leierskap Goddelike beginsels weerspieël. Ek sê nie vir wie jy moet stem nie, maar ek moedig jou aan om seker te maak dat jy wel stem.

Laat ons ‘n baken van lig wees wat die liefde van Christus uitstraal in die demokratiese proses en bydra tot ‘n samelewing wat Sy genade en waarheid weerspieël.

2. UP4SA: VERENIGDE GEBED VIR SUID-AFRIKA

Bewillig jouself as ‘n Gebedspunt-koördineerder in jou Gemeenskap

Daar is geen beter tyd as nou om saam te staan en deurlopend in te tree met petisies en gebede vir ons pragtige land nie – veral in hierdie tyd waar die nasionale verkiesing later in 2024 sal plaasvind. Ons loof die Heer vir elke Gebedsnetwerk en voorbidder wat instaan en bid vir ons nasie! Dit is verder in hierdie tyd van kardinale belang vir die liggaam van Christus om op te staan en “die verandering te wees”.

Ons 2024-gebedsessies sal 60 minute duur, wat in enige geskikte tydgleuf oor die naweek van 23-25 Februarie sal plaasvind. In vorige jare het ons meer as 250 gebedspunte regoor Suid-Afrika en in die buiteland gehad. Ons doel is dat gemeenskappe by geskikte plekke bymekaarkom vir gebed. Ons vertrou die Here vir ‘n gebedspunt in elke dorp/gemeenskap in Suid-Afrika.

Voornemende area koördineerders kan hulself bewillig deur ‘n e-pos te stuur na admin@up4sa.co.za, of ‘n WhatsApp te stuur vir Pastoor Robbie Black 082 462 1540 of ‘n Whatsapp na die Up4SA nasionale administrateur, Andriette by 073 899 2323. Kom ons staan saam en bid!

3. NOB-BEMAGTIGING BESOEKE

Fan into Flame the Gift of God!

Ons sien uit daarna om tydens die 2024 NOB-bemagtiging besoeke tyd in bediening deur te bring saam met ons Pastore, Gemeenteleiers, Kerkrade, Departemente en lidmate. Die tema is: Fan into Flame the Gift of God!

Die Nasionale Ampsdraers het gelei gevoel om voort te gaan met die fokus op wie ons is en hoe ons in 2024 as Heilige Gees vervulde mense en Kerk moet leef. Hierdie keer met die fokus op die gawes van die Heilige Gees. Dit is gebaseer op 2 Timoteus 1: 6 (AFR’83) “Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ‘n vuur moet aanblaas.” 2 Timothy 1: 6 (NIV) “…Fan into flame the git of God, which is in you…” Ons sal deel oor die geestelike gawes, gesonde lering, ons getuienis en eenheid.

Neem asseblief kennis dat die datums en lokale van die 2024 NOB-bemagtiging besoeke bevestig is as volg:

Die programme vir Vrydag en Saterdag is beskikbaar vanaf ons webwerf:
https://afm-ags.org/category/events/

Ons sien uit daarna om jou daar te sien!

Kaapstad & Vrystaat NOB Besoeke 2024

Vriendelike Groete!
Henri Weideman

Spread the word...