Laai die Nuusflits hier af in PDF Formaat
1. SOSIALE MEDIA EN MISSIONALITEIT
Liewe Kollegas,
In my Pastorale Brief van twee weke gelede (http://afm-ags.org/category/publications/pastoral-letters/), het ek die AGS se kosbare roeping – om siele te wen – genoem. Dit is ons visie om toe te sien dat elke lidmaat hulle posisie as plaaslike sendeling, sielewenner en “apostoliese agent” inneem. Dat elke lidmaat die Groot Opdrag van Jesus Christus hulle eie “Persoonlike Opdrag” maak. Verby is die dae waar dit nodig was om na ‘n verre en vreemde land te reis om die Goeie Nuus van Jesus Christus aan die verlorenes te verkondig. Die wêreld is op ons voorstoep en die “sendelingveld” is nader as wat ons ons ooit kon voorstel! Dit sluit nou ook die Internet en sosiale media in.
Is jy bewus daarvan dat 21 miljoen Suid-Afrikaners die internet gebruik? Meeste van hulle kry toegang deur middel van hulle mobiele selfone en nuwe navorsing dui aan dat 40% van die Suid-Afrikaanse bevolking aanlyn aangeteken het in 2017 (World Wide Worx, Arthur Goldstuck). Hierdie statistiek verteenwoordig ‘n belangrike geleentheid vir die kerk. Deur middel van ons lidmate kan daar nou direk in verbinding getree word, verhoudings gebou word en gekommunikeer word met mense wat andersins nie kerk-gebonde is nie. Dink net aan die impak wanneer 1.4 miljoen AGS lidmate of sielewenners aktief die aanlyn omgewing gebruik om die Goeie Nuus te versprei!
Wanneer ons sosiale media (soos Facebook, Instagram of Twitter om slegs ‘n paar te noem) gebruik, is dit belangrik om te weet en te verstaan dat wat ons plaas en hoe ons dit plaas, ‘n impak op ander sal hê. As gelowiges reflekteer ons deelname ons geloof in Christus. Dit gee elke gelowige ‘n geleentheid om die Koninkryk van God aanlyn uit te brei. Wat ‘n waardevolle geleentheid is dit nie!
Maar daar is ook risiko’s waarop ons moet let – sekere gedrag waarvan ons ons moet weerhou wanneer ons kommunikeer en deelneem op sosiale media. Die Nasionale Leierskap Forum (NLF) het ‘n Sosiale Media Beleid vir die AGS goedgekeur waarvan alle pastore, beheerliggaam lede en leiers moet kennis neem. Die Beleid kan afgelaai word by die onderstaande skakel:
http://afm-ags.org/category/media/
Ek wil ook graag jou aandag vestig op:
Die nuwe AGS webtuiste: http://afm-ags.org/
Die amptelike AGS Facebook blad: https://www.facebook.com/AFMOFSA/
AGS FACEBOOK BLAD: Ek wil ons pastore, beheerliggaam lede, leiers, streeks/netwerk kommitees en departemente aanmoedig om saam te gesels op die amptelike AGS Facebook blad. Moedig ook ons lidmate aan om aan te sluit by die aanlyn AGS missionale gemeenskap. Ons sien daarna uit om te kommunikeer met ons leiers en lidmate regoor Suid-Afrika en om te fokus op die kosbare roeping van ons kerk – die Groot Opdrag.
2. EMPOWERED21 AFRIKA KONGRES TE WOORD & LEWE, BOKSBURG
Laai die Registrasie Vorm hier af:
http://afm-ags.org/category/events/
Vandag deel ek ‘n uiters belangrike en strategiese byeenkoms met julle – veral met ons AGS Pastore, Beheerliggaam Lede, Leiers en Lidmate in en rondom die Gauteng Provinsie.
Empowered21 is ‘n organisasie wat help om die toekoms te vorm van die Geesvervulde beweging (Spirit-empowered movement) regdeur die wêreld. Dit is toeganklik vir alle Geesvervulde kerke, bedienige, organisasies, netwerke en gemeenskappe. Die Empowered21 Afrika Kongres is ‘n strategiese bemagtigende geleentheid wat direk praat tot die hart van missionaliteit en die AGS se “One AFM Game Plan”. Die visie van EMPOWERED21 is:
“That every person on earth would have an authentic encounter with Jesus Christ through the power and presence of the Holy Spirit…by Pentecost 2033.”
Die visie weerspieël die Groot Opdrag van Jesus en is verbind tot die basiese visie van elke Christelike kerk – en veral met elke AGS gemeente. ‘n Wye verskeidenheid van bedieningsleiers regoor die wêreld sal daar wees, insluitende William Wilson (President, Oral Roberts University), George Wood (Voorsitter, World Assemblies of God Fellowship); Opoku Onyinah (President, Ghana Pentecostal and Charismatic Council), Frank Chikane (President, AGS Internasionaal); Daniel Kolenda (President, Christ for All Nations); Ron Luce (Globale Jeug Strategis, Generation Next) en menige ander.
Tien fokus areas is geìdentifiseer vir beide die hoof en individuele sessies (wat ook in lyn is met die AGS se missionale kerk strategie):
- Evangelisme
- Dissipelskap
- Gebedsnetwerke
- Vroue Bediening
- Kinder Bediening
- Volgende Generasie Jeug Netwerk (Next Generation Youth Network – NGN)
- Teologiese studente
- Voorspraak en profetiese leierskap
- Humanitêre hulp en rampverligting
- Christelike Besigheids Netwerkvorming
Deur te registreer vir hierdie kongres ontvang jy die geleentheid om deel te wees van netwerk strukture (vanaf kontinentale tot nasionale vlakke) wat dien en netwerk met Afrika leiers op elkeen van die fokus areas. Die idee is om nuwe konneksies te skep wat die Geesvervulde beweging sal bemagtig om die Groot Opdrag te vervul.
Op Saterdag 19 Mei sal die program fokus op inter-generasie meedeling. Alle jong mense, Jeug Pastore en leiers word uitgenooi om deel te neem in die sessies wat aangebied word deur die “Next Generation Network – NGN”. Plaaslike jeug wat nie kan bekostig om die volle Kongres by te woon nie, word aangemoedig om kaartjies vir slegs die Saterdag te koop teen ‘n verminderde prys van R150. Hierdie jeug kaartjies sal binnekort beskikbaar wees.
Ek wil jou aanmoedig om hierdie Kongres by te woon aangesien dit die algehele leierskap in jou gemeente, streek, netwerk of departement sal versterk. Die registrasie fooi is verlaag na R600. Aanlyn registrasie kan geskied by “i-tickets”: https://itickets.co.za/events/383130. Die skakel kan ook gevind word op die offisiële webtuiste van Empowered21:
www.empowered21.com
Vir meer inligting kontak:
Me Lunga: Kantoor 0126440987 Selfoon 0793358971
Past Modise Moatlhodi Selfoon 0824494288
Mnr Kabelo Ndlovu Selfoon 0832918637
Uitnodiging aan alle Geesvervulde bewegings (“Spirit-empowered movements):
3. STREEKS BEMAGTIGINGS BESOEKE 2018
The NOB sien uit daarna om aan te sluit met die oorblywende streeks, netwerk en departementele kommitee lede sowel as ons Pastore, hulle Beheerliggame en ander leiers in die kerk. Die doel van hierdie besoeke is om sleutel kwessies onder die aandag van die leierskap van die AGS te bring wat opleiding, besprekings, oordenking en terugvoer sessies insluit.
Die sleutel kwessies van 2018 fokus op: ● Opvolg beplanning ● Tradisionêle missie paradigma vs. missionale paradigma ● Leierskaps ontwikkeling ● “Game Plan” terugvoer ● Bevordering van verhoudinge in streke, netwerke en departemente. Die oorblywende datums en ontmoetingsplekke soos volg:
Seënwense!
M.G. Mahlobo