Nuusflits: NOB Besoeke – Uitnodiging

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

AGS Nuusflits_Vrydag_26JAN2024

HULPBRONNE

AGS van SA Kalender 2024 Nuwe Opdatering – Kapelaanskap:
https://afm-ags.org/afm-calendar-2024/

Pastorale Brief van die 4de Kwartaal (Nuut):
https://afm-ags.org/pastorale-brief-4de-kwartaal-2023/

NOB Bemagtiging Besoeke 2024 (Uitnodiging):
https://afm-ags.org/category/events/

Liewe Kollega,

1. SKOOLBEHEERLIGGAAM VERKIESINGS

Die minister van basiese onderwys, Minister A.M. Motshekga het aangekondig dat die verkiesing van Skoolbeheerliggame tussen 1 – 31 Maart 2024 moet plaasvind.

In Suid-Afrika is daar 22 589 openbare skole en saam maak hulle voorsiening vir meer as 12 miljoen leerders. Die Skoolbeheerliggaam speel ‘n sleutelrol in die kwaliteit van die bestuur, sowel as die karakter en morele beginsels van ‘n skool. Om hierdie rede is dit baie belangrik dat ons as ouers en gelowiges betrokke is by die bestuur van skole in ons gemeenskappe.

Ek moedig al ons Pastore aan om deel te neem en om hul gemeentelede te inspireer om betrokke te wees deur hulself beskikbaar te stel as verkiesbare kandidate vir hul kinders se Skoolbeheerliggaam en om aan die stemproses deel te neem. Sodoende kan ons daadwerklik iets doen om te verseker dat ons kinders die beste opvoeding moontlik kry.

2. NOB-BEMAGTIGING BESOEKE

Fan into Flame the Gift of God!

Ons sien uit daarna om tydens die 2024 NOB-bemagtiging besoeke tyd in bediening deur te bring saam met ons Pastore, Gemeenteleiers, Kerkrade, Departemente en lidmate. Die tema is:

Fan into Flame the Gift of God!

Die Nasionale Ampsdraers het gelei gevoel om voort te gaan met die fokus op wie ons is en hoe ons in 2024 as Heilige Gees vervulde mense en Kerk moet leef. Hierdie keer met die fokus op die gawes van die Heilige Gees. Dit is gebaseer op 2 Timoteus 1: 6 (AFR’83) “Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ‘n vuur moet aanblaas.” 2 Timothy 1: 6 (NIV) “…Fan into flame the git of God, which is in you…” Ons sal deel oor die geestelike gawes, gesonde lering, ons getuienis en eenheid.

Neem asseblief kennis dat die datums en lokale van die 2024 NOB-bemagtiging besoeke bevestig is as volg:

Die programme vir Vrydag en Saterdag is beskikbaar:

 NOB Programme 2024

Ons sien uit daarna om jou daar te sien!

Vriendelike Groete
Henri Weideman

Spread the word...