Newsflash (with isiZulu Translations): The Strength & Love of Mothers
May 9, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): Living the Pentecostal Life
May 30, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): The Strength & Love of Mothers
May 9, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): Living the Pentecostal Life
May 30, 2025

Hulpbronne

PINKSTERWEEK: LEEF DIE PINKSTERLEWE

AGS VAN SA ABLAZE NASIONALE KONFERENSIE: DURBAN ICC

Konferensie Fasiliteit

Op Dinsdag, 29 Mei 2025, is daar 'n aankondiging gemaak oor ‘n verandering rondom die logistiek van die opkomende AGS ABLAZE Nasionale Konferensie wat nie meer gaan plaasvind by die Moses Mabhida Stadion nie, maar wel by die Durbanse Internasionale Konferensie sentrum (ICC). Ons moedig alle pastore en leiers aan om hierdie inligting so wyd as moontlik te deel met plaaslike gemeentes, streke, netwerke en Departemente. Hierdie boodskap is beskikbaar op die AGS van SA se YouTube-kanaal.

Registrasie Inligting

Aanlyn registrasies vir die 2025 AGS van SA ABLAZE Nasionale Konferensie by die Durbanse ICC sal Maandag, 9 Junie 2025 oopmaak. 'n Skakel en QR-kode vir registrasie sal voorsien word. Die volgende registrasiefooie en tydlyne sal van toepassing wees:

Vroeë Registrasiefooi* | R200 | 9 Junie – 9 Julie | Beperkte Sitplekke!

Die vroeë registrasiefooi is slegs geldig vir 30 dae. Ons beveel sterk aan dat afgevaardigdes vroegtydig registreer aangesien sitplekke beperk is. Na die “Vroeë Registrasie”-tydperk kan sitplekke nie gewaarborg word nie. Laat registrasies sal toegelaat word vanaf 10 Junie tot 10 September. Geen registrasies sal na 10 September aanvaar word nie.

AGS KONFERENSIE SEISOEN: JEUG & SUSTERS