Newsflash (with isiZulu Translations): The AFM is Coming to Your Province!
January 31, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): God’s Love
February 13, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): The AFM is Coming to Your Province!
January 31, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): God’s Love
February 13, 2025

HULPBRONNE

GOD SE LIEFDE FAAL NOOIT NIE

Valentynsdag is 'n tyd wanneer baie mense die geskenk van liefde en die geliefdes in hul lewe vier. Dit gebeur een keer per jaar en sommige mense doen werklik moeite om hul gade of verloofde gedurende hierdie tyd te waardeer.

God se liefde vir ons is baie groter en duur vir ewig. Dit is konstant, getrou en onvoorwaardelik. God wys elke dag Sy toewyding aan ons, selfs wanneer ons onwaardig of vêr van Hom af voel. Hy gee diep om vir elkeen van ons en bied vergifnis, genade en vrede. Sy grootste daad van liefde was om Jesus te stuur om ons nuwe lewe te gee.

Hoewel menslike liefde kan verander of vervaag, faal God se liefde nooit. Dit is die soort liefde wat ons regop hou, maak nie saak wat die lewe bring nie. Laat ons voortdurend die grootste geskenk van liefde in ons lewens vier: God wat Sy Seun gestuur het en Jesus wat Sy lewe gegee het, sodat ons die ewige lewe kan hê.

NOB BEMAGTIGINGS BESOEKE 2025 – UITNODIGING

Ons sien uit daarna om tydens die 2025 NOB-bemagtiging besoeke tyd in bediening deur te bring saam met ons Pastore, Gemeenteleiers, Kerkrade, Departemente en lidmate. Die tema is: “Sustaining the Fire”. "Sustaining the Fire" beteken om passievol en toegewyd te bly aan die teenwoordigheid en werk van die Heilige Gees in ons lewens.

Net soos 'n vuur ‘n bron van energie nodig het om aan die gang te bly, so moet ons ook ons geestelike lewens voortdurend voed met gebed, aanbidding, die lees van die Woord en gehoorsaamheid aan God. Die Heilige Gees se “vuur” verteenwoordig Sy krag, leiding en teenwoordigheid, wat ons geestelik lewend, sterk en doeltreffend hou. Wanneer ons hierdie “vuur” aan die brand hou, bly ons verbind aan God, gevul met energie vir Sy doel engereed om die wêreld metSy liefde en waarheid te beïnvloed.

Never let the fire in your heart go out. Keep it alive. Serve the Lord.” Romans 12:11 (NIRV)

Tydens die 2025 NOB-streeksbesoeke sal die volgende onderwerpe aangespreek word: Goddelike Genesing, Kerkgroei, Evangelisasie en Missionale aksie vir Impak op die volgende Generasie.

Daar sal ook 'n sessie spesifiek vir Pastore en hul gades wees. Dit sal fokus op die balansering van bediening en die alledaagse lewe. Maak asseblief seker dat jou skedule so beplan word dat jy deel sal wees van hierdie interaksie.

Neem asseblief kennis dat die datums en lokale vir die 2025 NOB Bemagtigingsbesoeke bevestig is:

Die program vir Vrydag en Saterdag is ook beskikbaar op ons webwerf: https://afm-ags.org/category/events/

Ons sien daarna uit om julle daar te ontvang!

Vriendelike Groete! 
Henri Weideman