Nuusflits: Getroue Rentmeesters van God se Skepping

AGS Nuusflits_Vrydag_19 APR24

HULPBRONNE

AGS van SA Kalender 2024:
https://afm-ags.org/afm-calendar-2024/

NOB Bemagtiging Besoeke (Uitnodiging):
https://afm-ags.org/category/events/

AGS Pastorale Brief 1ste Kwartaal (Nuut!):
https://afm-ags.org/pastorale-brief-1ste-kwartaal-2024/

Liewe AGS Kollega,

1. GETROUE RENTMEESTERS VAN GOD SE SKEPPING

Aardedag is in April 1970 begin en dien as ‘n jaarlikse herinnering dat ons natuurlike hulpbronne waardevol is en dat hoe ons dit gebruik of misbruik, ‘n groot impak op ons planeet, ons lewens en ons toekoms het. Vanjaar word dit op Maandag 22 April gevier.

Aardedag herinner Christene daaraan dat ons ‘n verantwoordelikheid het om getroue rentmeesters van God se skepping te wees. Genesis 2:15 (NLV) sê: “Die Here God het die mens in die tuin van Eden aangestel om dit te bewerk en te versorg.” Hierdie vers beklemtoon ons rol as opsigters wat moet toesien dat die aarde se hulpbronne floreer en bewaar word.

As volgelinge van Christus kan ons nie net uitsien na ons ewige toekoms nie, terwyl ons hier op aarde is, is ons ook geroep om die omgewing te respekteer en te beskerm en die volhoubaarheid daarvan vir toekomstige geslagte te verseker. Ons optrede moet dankbaarheid weerspieël vir die oorvloedige seëninge wat aan ons geskenk is. Ons moet die delikate balans van die natuur respekteer, terwyl ons die hulpbronne en seëninge wat dit aan ons voorsien verstandig gebruik. Ter viering van Aardedag, laat ons ons verbintenis tot omgewingsrentmeesterskap hernu, en erken dat elke daad van bewaring ‘n daad is wat God die Skepper eer en Sy wonderlike skepping koester.

2. NOB-BEMAGTIGING BESOEKE

Fan into Flame the Gift of God!

Ons sien uit daarna om tydens die 2024 NOB-bemagtiging besoeke tyd in bediening deur te bring saam met ons Pastore, Gemeenteleiers, Kerkrade, Departemente en lidmate. Die tema is: “Fan into Flame the Gift of God!”

Die Nasionale Ampsdraers het gelei gevoel om voort te gaan met die fokus op wie ons is en hoe ons in 2024 as Heilige Gees vervulde mense en Kerk moet leef. Hierdie keer met die fokus op die gawes van die Heilige Gees. Dit is gebaseer op 2 Timoteus 1: 6 (AFR’83) “Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ‘n vuur moet aanblaas.” 2 Timothy 1: 6 (NIV) “…Fan into flame the git of God, which is in you…” Ons sal deel oor die geestelike gawes, gesonde lering, ons getuienis en eenheid.

Neem asseblief kennis dat die datums en lokale van die 2024 NOB-bemagtiging besoeke bevestig is as volg:

Die programme vir Vrydag en Saterdag is beskikbaar vanaf:
https://afm-ags.org/category/events/

Ons sien uit daarna om jou daar te sien!

3. OPKOMENDE OPLEIDINGS- EN KONFERENSIE GELEENTHEDE

Maak gerus seker dat jy bewus is van alle inligting rondom opkomende geleenthede:

International Children’s Ministry Educators’ Konferensie 2024 (25-28 April 2024):
https://afm-ags.org/international-childrens-ministry-educators-conference-2024-25-28-april-2024/

National Men’s Fellowship Konferensie (17-19 Mei 2024):
https://afm-ags.org/nmf-conference-17-19-may-2024/

Vriendelike Groete!
Henri Weideman

Spread the word...