
Newsflash (with isiZulu Translations): God’s Love
February 13, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): Spiritual Seasons
February 28, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): God’s Love
February 13, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): Spiritual Seasons
February 28, 2025
HULPBRONNE
DIE BELANGRIKHEID VAN GEESTELIKE SEISOENE
In Suid-Afrika betree ons weereens Herfs, 'n seisoen van oorgang. Dit is 'n herinnering dat die lewe nie staties is nie, net soos ons wandel met God nie staties is nie. Net soos die natuur deur verskillende seisoene beweeg, gaan ons geestelike lewens ook deur seisoene van verandering. Soos wat blare van kleur verander en val, is daar tye wanneer ons dinge moet laat vaar wat nie meer ons geestelike groei dien nie. Dit kan ou gewoontes wees, of seer uit die verlede of selfs verhoudings wat die vooruitgang van ons geloofsreis belemmer.
Net soos in die natuur, het elke geestelike seisoen 'n doel. Daar is tye van plant, waar God nuwe drome in ons harte saai, en tye van wag, waar ons Hom moet vertrou - selfs wanneer ons nie onmiddellik resultate sien nie. Daar is ook seisoene van oes, waar ons die seëninge van gehoorsaamheid ervaar, en seisoene van snoei, waar God dinge verwyder om plek te maak vir nuwe groei.
Prediker 3:1 en 11 (AFR’83) sê: “Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd…. God het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd.”
Om geestelike seisoene te verstaan, help ons om God se tydsberekening te vertrou. Ons moet elke seisoen omhels vir wat dit bring, sonder om dit te probeer ontken of weg te wens. Maak nie saak waar jy geestelik is nie, weet dat God in jou werk. Of dit nou 'n tyd van rus, vernuwing of transformasie is, Hy is getrou in elke seisoen. Hou aan om in geloof te leef, met die wete dat Sy plan volmaak is.

NOB BEMAGTIGINGS BESOEKE 2025 – UITNODIGING
Ons sien uit daarna om tydens die 2025 NOB-bemagtiging besoeke tyd in bediening deur te bring saam met ons Pastore, Gemeenteleiers, Kerkrade, Departemente en lidmate. Die tema is: “Sustaining the Fire”. "Sustaining the Fire" beteken om passievol en toegewyd te bly aan die teenwoordigheid en werk van die Heilige Gees in ons lewens.
Net soos 'n vuur ‘n bron van energie nodig het om aan die gang te bly, so moet ons ook ons geestelike lewens voortdurend voed met gebed, aanbidding, die lees van die Woord en gehoorsaamheid aan God. Die Heilige Gees se “vuur” verteenwoordig Sy krag, leiding en teenwoordigheid, wat ons geestelik lewend, sterk en doeltreffend hou. Wanneer ons hierdie “vuur” aan die brand hou, bly ons verbind aan God, gevul met energie vir Sy doel engereed om die wêreld metSy liefde en waarheid te beïnvloed.
“Never let the fire in your heart go out. Keep it alive. Serve the Lord.” Romans 12:11 (NIRV)

Tydens die 2025 NOB-streeksbesoeke sal die volgende onderwerpe aangespreek word: Goddelike Genesing, Kerkgroei, Evangelisasie en Missionale aksie vir Impak op die volgende Generasie.
Daar sal ook 'n sessie spesifiek vir Pastore en hul gades wees. Dit sal fokus op die balansering van bediening en die alledaagse lewe. Maak asseblief seker dat jou skedule so beplan word dat jy deel sal wees van hierdie interaksie.
Neem asseblief kennis dat die datums en lokale vir die 2025 NOB Bemagtigingsbesoeke bevestig is:
Die program vir Vrydag en Saterdag is ook beskikbaar op ons webwerf: https://afm-ags.org/category/events/
Ons sien daarna uit om julle daar te ontvang!
Vriendelike Groete!
Henri Weideman





