Laai die PDF weergawe hier af:
AGS Kollega,
Laat ons die baken van Hoop vir Suid-Afrika wees. Wat ook al gebeur, ons bly mense van Hoop. Ons het Hoop en ons glo in Jesus Christus, ons Here. Mag die genade van God, die liefde van Jesus en die verbondenheid van die Heilige Gees in jou rus, regeer en by jou bly – nou en vir altyd. Die Koronavirus-krisis, sal ook verbygaan.
1. DRINGENDE KOMMUNIKASIE AAN ONS PASTORE: DIE ROL VAN DIE KERK IN VERBAND MET DIE IMPAK VAN DIE KORONAVIRUS
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het uitgereik na Nasionale Kerkleiers met ‘n voorgestelde Koronavirus Pastorale Plan. Hierdie plan poog om die negatiewe impak van die Koronavirus op sommige van ons plaaslike gemeenskappe aan te spreek. Die plan het vier belangrike fokusse: (i) Verligting, (ii) Bewusmaking, (iii) Versorging en (iv) Ondersteuning (insluitend Voorspraak “Advocacy”).
Die plan is om plaaslike ekumeniese netwerke (“Local Ecumenical Networks” – LEAN) te skep wat bestaan uit ‘n minimum van tien (10) pastore van verskillende denominasies of bedieninge in plaaslike gemeenskappe. Hierdie LEAN-netwerke moet Whatsapp-groepe skep wat alle huishoudings binne hul omgewing insluit vir kommunikasiedoeleindes. As hierdie WhatsApp-groepe aan die SARK se WhatsApp gekoppel wil wees, kan dit gedoen word.
Daar is tans twee (2) kwessies wat dringend aandag benodig.
Dit is die verskaffing van “Personal Protective Equipment (PPE)” en Voedselsekuriteit.
“Personal Protective Equipment (PPE)”
Huidiglik is daar ‘n tekort aan PPE, veral vir gesondheidswerkers. Hulle is die “voetsoldate” op die voorpunt van die stryd teen die Koronavirus. Hulle beskerming teen die infeksie moet nie in gedrang wees nie. Ons het die regering versoek om alles in sy vermoë te doen om die verskaffing van PPE te verseker.
Voedselsekuriteit
Voedselsekuriteit het dringend aandag nodig. Volgens beramings sal meer as 200 000 huishoudings in Suid-Afrika voedsel benodig teen volgende week (vanaf Maandag, 13 April 2020). Hierdie getal kan toeneem tot 300 000 gesinne as die nasionale inperking op Donderdag, 16 April 2020 nie opgehef word nie. Die SARK het vergaderings met die regering gehou rondom hierdie kwessie. Die regering is bereid om in te gryp deur die Solidariteit Fonds wat hy geskep het.
Drie (3) dinge word van kerke vereis. Die eerste een is die vermoë om huishoudings te identifiseer wat voedsel benodig. Die tweede is die bereidwilligheid van kerke om die verspreiding aan die families in nood te doen. Die derde is om samewerking met gemeenskapsgebaseerde organisasies te verseker.
Intussen het ek NLF lede versoek om ‘n antwoord by hul betrokke streke en rolspelers te kry oor hul bereidwilligheid om deel te neem aan die skepping van LEAN, met die oog op die uitdagings en verligting ten opsigte van voedselsekuriteit. Jy sal binnekort van hierdie versoek hoor vanaf jou streeksleiers. Dui asseblief in jou antwoord aan indien jou gemeente alreeds ‘n struktuur met stelsels het wat dit kan doen. Ons sal dit hoog op prys stel indien jy ook kan aandui indien die kerkfasiliteit beskikbaar gestel kan word vir skandering en isolasie van besmette individue in die plaaslike gemeenskap. Indien nodig mag daar ook vereis word dat die kerk se fasiliteite gebruik word om voedsel voorrade te stoor.
Die leierskap van die SARK is versoek om die regering te toets oor die moontlikheid om geskenkbewyse (“vouchers”) in plaas van kospakkies te gebruik. Hierdie geskenkbewyse moet vir alle afsetpunte, insluitend snoepwinkels en spazawinkels aanvaarbaar wees.
Verdere inligting rondom die SARK se Pastorale Plan is hier beskikbaar:
On the Coronavirus Pastoral Plan of SACC9444
2. GOEIE VRYDAG BOODSKAP
Ek het vooraf ‘n boodskap opgeneem vir Goeie Vrydag 2020. Hierdie boodskap sal Vrydag oggend beskikbaar wees op die AGS Facebook-blad. Afgesien van die twee-weeklikse Pastorale Nuusflitse, is dit belangrik om gereelde kontak met die nasionale kantoor te behou. Ek moedig jou aan om gedurende hierdie uitdagende tyd bewus te wees van gereelde kommunikasie wat gedeel word, ook deur ons Facebook-blad en webtuiste:
Facebook: @AFMOFSA
Webwerf: www.afm-ags.org
Om meer te weet oor hoe om in verbinding te bly met ons:
3. AGS NASIONALE KANTOOR
Die AGS Nasionale Kantoor is gesluit gedurende die inperkingsperiode.
Vir algemene navrae kan die volgende personeel per e-pos gekontak word:
Sureta (Finansies): sureta@afm-ags.org
Mpho Sethole (Data): sethole@afm-ags.org
Mpho Seleka (Beroepe & Gemeentesake ): mpho@afm-ags.org
Jolande (Huweliksbevestigers/Aanstellings/Resolusie 181): jolande@afm-ags.org
In die geval van ‘n noodgeval, skakel die volgende nommers:
- Mnr. Desmond Alie (Kantoor Bestuurder): 079 864 3009
- Mnr. France Madiba: 072 704 2347
- Dr. Henri Weideman (Algemene Sekretaris): 083 282 8432
- Past. George Mahlobo (President): 083 229 8852
Finansiële stabiliteit en kommunikasie gedurende die inperking.
Ons opdrag is dat alle Pastore en hul plaaslike Tesouriers/Finansiële Administrateurs, maniere moet vind om dit vir lidmate moontlik te maak om hul tiendes deur middel van elektroniese finansiële transaksies (EFT) te kan gee. Ons moedig ons Pastore en ons strukture aan om innoverende moontlikhede vir deurlopende kommunikasie met ons lidmate te ondersoek, insluitend maar nie beperk tot: Whatsapp, Facebook en ander sosiale media platforms, aanlyn-uitsending van preke en e-pos. In hierdie tye wat ons nie fisies saam kan wees nie, moet ons geestelik en elektronies bymekaar uitkom. Beheerliggame se vergaderings kan ook gehou word op platforms soos Skype, Zoom, WhatsApp, video-oproepe ens. Ons moet gereeld met mekaar kommunikeer om ons Hoop en Geloof te deel en so mekaar aan te moedig (Hebreërs 10: 24-25).
AGS Byeenkomste
Ek wil alle Pastore, Leiers en lidmate herinner dat alle byeenkomste, kinderbediening en die 2020 AGS Goeie Vrydag konferensies gekanselleer is. Die volgende byeenkomste word opgeskort hangende verdere kommunikasie:
- NOB Regional Visits
- Regional Leaders/Secretaries/Administrators Regional Workshop
- Administration of Justice Workshop
- MIL Workshops
As die verspreiding van Koronavirus nie teen einde April 2020 bekamp is nie, sal alle nasionale departemente se konferensies herskeduleer of gekanselleer moet word. Die Nasionale Ampsdraers sal verdere instruksies gee ten opsigte van alle byeenkomste wat na die maand van April 2020 geskeduleer is.
Verwys gerus weer na die AGS se volledige verklaring rondom die impak van die Koronavirus en die nasionale inperking op alle kerk aktiwiteite. Die verklaring was uitgereik op 25 Maart 2020 en is beskikbaar vanaf die AGS webblad:
https://afm-ags.org/afm-statement-coronavirus-implications-of-national-lockdown/
Besoek asseblief die volgende skakel om die AGS Nasionale Kalender af te laai:
https://afm-ags.org/category/media/
4. PASTORALE BRIEF: 1ste KWARTAAL
Laastens wil ek jou graag aanmoedig om seker te maak dat jy die 1ste Kwartaal se Pastorale Brief onder oë gehad het. Ek glo dat die artikels in hierdie uitgawe tot groot seën van jou bediening sal wees. Twee van die artikels is vanuit ‘n praktiese perspektief geskryf met die doel om jou toe te rus met nodige kennis en stappe rakende:
- Die rol van die Pastoor in ‘n missionale-kerk konteks.
- Implementering van die One AFM Game Plan: Gemeenskapsbetrokkenheid
Beskikbaar aanlyn by :
https://afm-ags.org/pastoral-letter-1st-quarter-2020/
Groete en Seën!
MG Mahlobo