Laai die PDF weergawe hier af:
AGS Kollegas,
1. VOORGESTELDE ENKEL HUWELIKSTATUUT: VERSOEK VIR OPMERKINGS EN INSETTE
As deel van die burgerlike samelewing is die AGS van Suid-Afrika deur die South African Law Reform Commission (SALRC) uitgenooi om kommentaar en insette te lewer oor die voorstel om verskillende huwelikswette in ‘n enkele statuut te integreer. Aanvanklik was ons ‘n sperdatum van 31 Julie 2019 toegestaan om ons kommentaar en insette te lewer. Die sperdatum is verleng tot 31 Augustus 2019. Die SALRC het vrae rakende hierdie aangeleentheid gestel.
The vraelys is beskikbaar in “Issue Paper 35” by die volgende skakel:
http://www.justice.gov.za/salrc/qnr.htm
Van die uitdagings sluit die volgende in:
- Hoe sal ‘n enkele statuut die huwelik definieer?
- As alle soorte huwelike saamgevoeg word, wat sal die impak van hierdie samevoeging op ons huweliksbeamptes wees? (As jy in gedagte hou dat huwelike bevestig word in terme van die Huwelikswet van 1961.)
- Sal huweliksbeamptes gedwing word om huwelike van dieselfde geslag te bevestig?
2. SPESIALE VERSOEK: AGS NASIONALE KONFERENSIE
Ons sien daarna uit om die AGS-familie te verwelkom by ons jaarlikse Nasionale Konferensie wat in September gaan plaasvind. Ons wil graag sien dat al ons lidmate en gemeentes bewus is van die konferensie. Ons glo dat vanjaar se tema “Gewortel in Christus” ‘n belangrike boodskap is vir die missionêre-gedrewe kerk.
Vir hierdie doel het ons spesiale hulpbronne ontwikkel wat ons pastore tydens dienste kan gebruik. Dit sluit die volgende elemente in:
• ‘n 2:00 min promosie-videogreep.
• ‘n Facebook-omslagfoto.
• Twee “Power Point Slides” wat ook tydens dienste gebruik kan word.
• En ‘n Plakkaat.
Die hulpbronne is ook in Afrikaans en Xhosa beskikbaar. Saam met Engels, verteenwoordig hierdie drie tale die geografiese gebied waar die konferensie vanjaar aangebied gaan word – Kaapstad.
Ek wil jou aanmoedig om van die hulpbronne af te laai:
http://afm-ags.org/category/media/
Onthou ook dat aanlynregistrasies aanvaar word:
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=365
Seën!
Past. M.G. Mahlobo
