Laai die PDF- weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):
AGS Nuusflits: Donderdag, 6 April 2023
HULPBRONNE
NOB-Bemagtigingsbesoeke 2023: Datums & Plekke – Jy word hartlik uitgenooi!
https://afm-ags.org/nob-empowerment-visits-2023-dates-venues/
Pastorale Brief 1ste Kwartaal 2023 – Lees Aanlyn of Laai Af!
https://afm-ags.org/pastorale-brief-1ste-kwartaal-2023/
AGS van SA Nasionale Kalender 2023 – Opgedateer met die Nuutste Veranderinge (8 FEB)!
https://afm-ags.org/afm-of-sa-national-calendar-2023/
AGS Kollega,
1. PAASFEES NAWEEK
Ons sien uit na ‘n geseënde naweek in die kerk. Ons het drie video boodskappe voorberei wat op Goeie Vrydag, Opstanding Sondag en Gesinsdag vrygestel sal word. Hiermee ‘n kort inleiding tot elkeen van hierdie boodskappe:
Goeie Vrydag
Die laaste woorde van baie bekende mense word van tyd tot tyd neergeskryf en aangehaal. Nie een hiervan kan so onvergeetlik en kragtig wees soos die sewe frases wat opgeteken is as die laaste woorde van Jesus aan die kruis nie. Hy het woorde van klarigheid, vertroue en rigtinggewing geuiter. Dit was gerig op Sy volgelinge wat om die kruis staan, maar is ook vir ons vandag. Hierdie jaar op Goeie Vrydag gaan ons vier van hierdie frases bespreek, terwyl ons met dankbare harte terugkyk na die voltooide werk van Jesus aan die kruis.
Opstanding Sondag
Die liggaamlike opstanding van Jesus Christus is ‘n basiese bevestiging van ons geloof as Christene: Ons glo dat Jesus gebore is uit Maria, dat Hy aan die Kruis gesterf en uit die graf opgestaan het, en dat Hy opgevaar het na die Hemel, vanwaar Hy weer sal terugkom.
Die boodskap van Sy opstanding kom neer op ‘n duidelike teken van ons Hemelse Vader dat Jesus die magtige Seun van God is wat die dood oorwin het, as Here van almal regeer – en voltooi het wat nodig was vir ons regverdigmaking. Romeine 4:25 (NLV) leer ons: “Jesus is oorgelewer om ter wille van ons sondes te sterf, en Hy is opgewek sodat ons vrygespreek kan word.” Kom ons vier nie net die herinnering nie, maar ook die werklikheid hiervan op Opstanding Sondag.
Gesinsdag
In die konteks van vol skedules vele aktiwiteite, sperdatums en besigwees in die algemeen, kan die belangrikheid van gesinne en gesinslewe nie oorbeklemtoon word nie. Gesonde gesinsbande moet versterk en gekoester word. Dit kan slegs gebeur as ons doelbewus vir mekaar bid en kwaliteit, sowel as hoeveelheid tyd saam spandeer. Almal van ons moet moet ons bes doen om dit ook op Gesinsdag 2023 doen. Dankie Past. Rudi Coertzen vir die voorbereiding van hierdie video boodskap.
2. JONGSTE OMSENDBRIEF: 3 APRIL 2023
Neem asseblief kennis van die jongste omsendbrief en bylaes wat van die AGS van SA se webwerf afgelaai kan word vanaf die volgende skakel:
https://afm-ags.org/category/media/
Vriendelike Groete!
Henri Weideman