Nuusflits: Donderdag, 14 April 2022

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

AGS Nuusflits: Donderdag, 14 April 2022

HULPBRONNE

1. AGS van SA: Nasionale Kalender 2022
https://afm-ags.org/afm-calendar-2022/

2. 2022 NOB Bemagtigings Besoeke: Program
https://afm-ags.org/2022-nob-empowerment-visits/

3. Pastorale Brief: 1ste Kwartaal 2022 (Nuut!)
https://afm-ags.org/pastorale-brief-1ste-kwartaal-2022/

AGS Kollega,

1. GOEIE VRYDAG & OPSTANDING SONDAG

As kind het ek altyd gewonder hoekom die Vrydag van Paasnaweek “Goeie Vrydag” genoem is. Vir my was die beelde van verraad, lyding en die pynlike dood van Jesus alles behalwe “goed”. Eers later het ek besef dat sonder hierdie offer aan die kruis daar nie ‘n kroon en oorwinning oor die sonde en dood sou gewees het nie.

Hebreërs 12:2 (NLV) moedig ons aan: “…ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon!” Die einddoel wat Jesus gehad het was die vreugde om siele te verlos en te red. Hy het Sy lewe gegee as die losprys vir baie – en dít het daardie spesifieke Vrydag GOED gemaak.

As volgelinge van Jesus moet ons Goeie Vrydag vier en weer op ‘n persoonlike vlak Jesus se verlossende offer aan die kruis vir ons aanvaar. Moet egter nie te lank staan by die leë kruis en die leë graf nie, maar beweeg saam met Jesus na ‘n opstandingslewe wat Hy moontlik maak. Sy oorwinning oor die dood en die krag van die Heilige Gees stel ons in staat om met opstandingskrag te leef – selfs in die uitdagende tye waarin ons onsself bevind.

Laat my toe om ‘n Goeie Vrydag-boodskap met jou te deel. Verder sal ons ook Sondag, 17 April 2022 ‘n spesiale Opstanding Sondag-videoboodskap op alle AGS sosiale media-platforms deel.

https://youtu.be/glhwpnGg74k

2. KONSEP GESONDHEIDSREGULASIES: KOMMENTAAR

Die sperdatum vir kommentaar op die konsep Gesondheidsregulasies is Vrydag, 15 April 2022. Die Konsep Gesondheidsregulasies wat die meeste van toepassing is op die kerk is 16 J (4) en (5):

16J 4: “Indoor and outdoor gatherings may be restricted in accordance with the scientific evidence of the risk of transmission. During the Covid-19 pandemic the indoor and outdoor gatherings will be up to 50% of the venue capacity may be occupied on the proviso that:
(a) Production (of) a valid vaccine certificate,
(b) They practice social distancing of at least 1m; and
(c) Compulsory mask wearing for indoor gatherings.”   

16J 5: “Notwithstanding the provisions above, the attendance of gatherings without proof of vaccination shall be limited to 1,000 indoors and 2,000 outdoors, but the conditions on paragraphs (b) and (c) above will be applicable.” (sic)

Die Nasionale Ampsdraers (NOB) het die dokument bestudeer en ‘n voorlegging aan die Departement van Gesondheid gedoen. Opsommend, is ons posisie soos volg:

A. Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS van SA) is bekommerd dat die konsep Gesondheidsregulasies ‘n plig op die kerk kan plaas om lidmate uit te sluit op grond van hul inentings status. Die AGS ondersteun ten sterkste die beginsel van vryheid van keuse. Ons is van mening dat dit ‘n ernstige skending van die reg op godsdiensvryheid sal wees, soos gewaarborg deur Artikels 15 en 31 van die Suid-Afrikaanse Grondwet, wanneer die Konsep Gesondheidsregulasies ‘n bewys van inenting vereis om byeenkomste van meer as 1,000 mense binnenshuis by te woon en van meer as 2,000 mense vir buitelug byeenkomste.

Ons stel voor dat Regulasie 16 gewysig word om weg te doen met die vereiste van ‘n bewys van inenting en dat godsdienstige instellings toegelaat word om hul eie byeenkomste te reguleer volgens die bestaande higiënemaatreëls – soos ontsmetting van hande en sosiale afstand.

B. Die Konsep Gesondheidsregulasies sluit nie gedefinieerde kriteria of ‘n proses in vir ‘n siekte om as ‘n endemie of ‘n pandemie verklaar te word nie. Verder lê die Konsep Gesondheidsregulasies dieselfde mate van beperking op menseregte, ongeag die erns van die siekte. Geen onderskeid word gemaak tussen ‘n kategorie 1, 2, 3 of 4 aanmeldbare mediese toestand (Notifiable Medical Condition – NMC) soos per Bylae A, Tabelle 1, 2, 3 nie. Die beperkings kan skynbaar onbepaald van krag bly.

Ons stel voor dat die Konsep Gesondheidsregulasies gewysig word om beide die kriteria en die proses vir die verklaring van ‘n aanmeldbare mediese toestand as ‘n pandemie of ‘n endemie duidelik te definieer, sowel as die kriteria en proses om enige van die opgelegde beperkings te beëindig. Ons stel voor dat beperkings op byeenkomste slegs oorweeg moet word vir kategorie 1 aanmeldbare mediese toestande, met ‘n hoë risiko van oordrag wat wetenskaplik bewys is.

3. ‘N WOORD VAN DANK EN WAARDERING

Ons Algemene Bestuurder by die AGS Nasionale Kantoor vir die laaste bykans 8 jaar, Broer Desmond Alie, het aan die einde van Februarie 2022 afgetree. Hiermee bedank en waardeer ek hom persoonlik, ook op hierdie platform – vir sy lojaliteit, bystand en positiewe insette oor die jare. Hy het ook ‘n belangrike rol gespeel in die eenheidsprosesse van die kerk. Ek vertrou dat die nuwe seisoen van sy lewe baie vrug en bevrediging sal bring.

Soos ons nog die impak van die pandemie bestuur het die Nasionale Ampsdraers (NOB) besluit om nie die bogenoemde pos onmiddellik te vul nie. Die NOB en aangewese personeellede sal voorlopig na die verantwoordelikhede omsien.

4. 2022 NOB BEMAGTIGINGS BESOEKE

    

 As die Here wil, sal ons by die volgende plekke op die volgende oorblywende datums wees:
20-21 Mei: Noord-Kaap (AGS Rehobot, Upington) & Oos-Kaap (Gees en Lewe, Oos-Londen).

Hoogtepunte van die Noord Wes en Gauteng NOB Bemagtigings Besoeke:

Vriendelike Groete
Henri Weideman

Spread the word...