Newsflash (with isiZulu Translations): Moving Forward in 2025!
October 18, 2024
Newsflash (with isiZulu Translations): Moving Forward in 2025!
October 18, 2024

Hulpbronne

BEWEEG DOELGERIG VORENTOE IN 2025: BEPLANNING IS NOODSAAKLIK

Beplanning vir 2025 is van kardinale belang op persoonlike-, kerklike-, streeks- en nasionale vlak, want dit help almal om vorentoe te beweeg met duidelike doelwitte en fokus.

Op 'n persoonlike vlak stel beplanning individue in staat om prioriteite te stel, tyd te bestuur en te werk aan persoonlike groei en lewensmylpale. In die kerk help 'n plan om bedieningsdoelwitte, uitreik- en geestelike groei-inisiatiewe te lei. Dit verseker dat hulpbronne verstandig aangewend word en dat die gemeente met sy verskillende bedieninge verenig is in visie en missie.

Nasionale- en streeksbeplanning is ewe belangrik aangesien dit gemeenskappe, kerke en plaaslike leiers bymekaarbring rondom die visie en rigting van die kerk. Dit help ook om gemeenskaplike behoeftes aan te spreek, bedienings infrastruktuur te verbeter en geleenthede vir groei te skep. Maak seker dat jy die nasionale en streekskalender in gedagte hou wanneer jy jou gemeente en persoonlike beplanning finaliseer.

Deur vooruit te beplan kan individue, gemeentes en gemeenskappe beter voorbereid wees op uitdagings en kan geleenthede ten beste benut word om 'n groter impak hê. Sonder beplanning is daar 'n risiko om agter te raak, hulpbronne te mors of die kans om 'n positiewe verskil te maak, mis te loop. Mag jou beplanning op al hierdie vlakke suksesvol en geseënd wees, terwyl ons ons daarvoor beywer om doelgerig vorentoe te beweeg.

PASTORALE WAARDERINGS- EN WELSTAND MAAND

As Kerk, het ons oor die afgelope paar jaar 'n tradisie gevestig om gedurende Oktober spesifiek ons pastore, hul eggenote en hul kinders te waardeer. “Laat die ouderlinge wat goed leiding gee, dubbele eer ontvang, veral diegene wat hard werk aan woordverkondiging en onderrig.” (1 Timoteus 5:17; AFR20).

Paulus herinner ons om ons leiers te eer en te waardeer. Dit is iets wat 'n leier nooit moet verwag of afdwing nie, maar wat gemeentelede en volgelinge van Christus voortdurend moet doen uit respek en liefde vir hul leiers weens hul toewyding en werk. Terwyl ons ons waardering uitspreek, moet ons ook bedag wees op die belangrike aspekte van ons pastore se welsyn: geestelike-, emosionele-, intellektuele-, fisiese-, sosiale- en finansiële gesondheid.

Hierdie Oktober moedig ons ons gemeentes aan om iets ekstra (of addisioneel tot die gewone gebare van dankbaarheid) vir ons pastore, hul eggenote en kinders te doen. Mag God ons gemeentes ryklik seën, versterk en met Sy Gees vul, terwyl ons in eenheid saam werk om Sy liefde te deel, Sy genade uit te brei en Sy Koninkryk in ons gemeenskappe op te bou.

DRA DIE AGS-EMBLEEM ORAL WAAR JY GAAN!

Ons is opgewonde om aan te kondig dat lidmate uitgenooi word om AGS-hemde deur hul gemeentes te bestel. Hulle kan kies tussen drie kleurvolle opsies en die AGS-embleem en die simboliek daarvan met trots dra, waar hulle ook al gaan.

  • Die AGS Nasionale Kantoor neem slegs bestellings van AGS Gemeentes (en nie individuele lidmate nie).
  • Bestellings bly oop vir 2 weke en sluit op Woensdag, 23 Oktober 2024 om 16h00.
  • Laat 2 weke toe vir produksie. Die AGS Nasionale Kantoor begin bestellings verwerk en uitstuur vanaf Maandag, 11 November. Ons wil verseker dat alle AGS lidmate hulle bestelling ontvang voor Desember.
  • Die Bestellingsvorm vir Gemeentes is beskikbaar by die volgende skakel en moet deur die gemeente voltooi word: https://afm-ags.org/stationery-bulk-orders.
  • Maak asseblief seker om te kyk na die groottes van die hemde voordat jy die bestelling finaliseer! Daar is verskillende groottes vir KATOEN- en SUBLIMASIE-opsies.

Ons sien uit daarna om ons AGS lidmate in die amptelike kleure van ons pragtige Kerk te klee!

Vriendelike Groete
Henri Weideman