Nuusflits, 5 Otkober

Laai die Nuusflits hier af in PDF formaat:

 5 OKT AFR 2018

Liewe Kollega,

1.   WAARDERING VIR PASTORE EN HULLE FAMILIES

Oktober maand staan bekend as ons Pastorale Waarderingsmaand. Dit is ‘n spesiale tyd wat uitgesit is vir die AGS van SA se gemeentes en ander statutêre liggame om hulle pastore of gemeente leiers sowel as hulle eggenotes en kinders, te eer.  Ons waardeer hulle harde, opofferende werk en veelvoudige seëninge wat daaruit spruit.

Laat my toe om my diepste waardering uit te spreek teenoor alle AGS pastore, gemeente leiers, hulle eggenotes en kinders vir dit wat hulle doen beide vir die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika en God se Koninkryk.  Ons Hoofherder en ons Here en Redder, Jesus Christus, het aan julle een van die mees delikate en kosbare opdragte toevertrou – die geestelike welstand van Sy kudde. Baie van julle staan in die bediening onder ongelooflike druk wat meestal ontstaan as gevolg van onrealistiese verwagtinge. Daar word van julle verwag om die ideale familie te hê, om perfek te wees as mens, om altyd beskikbaar te wees, om nooit mismoedig te wees nie en om altyd al die antwoorde te hê wat julle gemeentelede nodig het om hulle lewens stabiel te hou en vooruit te laat gaan.

Dieselfde kan gesê word van diegene wat op ‘n voltydse basis die AGS dien in strukture buite die gemeente. In hierdie geval verwys ek spesifiek na diegene wat die kerk dien in Streeks- en Nasionale struktrure. Julle kom hierdie verantwoordelikheid na benewens al die ander werk wat julle doen.  Meeste van julle vervul hierdie bykomende rol sonder enige vergoeding.

My gebed vir julle en julle families is dieselfde as die gebed wat Johannes gebid het vir Gaius wat ‘n harde tyd gegee is deur Diotrephes:

“Dear friend, I pray that you may enjoy good health and that all may go well with you, even as your soul is getting along well” 3 John 1:2 (NIV).

2.   PCD WERKSWINKELS – GBM 2018

Pastore wat die PCD werkswinkels by die onlangse Algemene Besigheidsvergadering (GBM) bygewoon het, het plakkers ontvang vir die werkwinkels waaraan hulle deelgeneem het. Hierdie plakkers moet geplak word in jou PCD “log-sheet”.  Op hierdie wyse sal jy krediete kan ontvang. As jy nie hierdie plakkers ontvang het nie of hulle miskien verloor het, is jy welkom om die Nasionale PCD Koördineerder, Dr Henri Weideman gedurende kantoorure te skakel by 012 644 0490. Ek vertrou dat hierdie werkswinkels waarde toegevoeg het vir almal wat dit bygewoon het.

3.   DIE 25STE PINKSTER WêRELD KONFERENSIE CALGARY 2019

Kanada is trots om gasheer te wees vir Pinkster leiers regoor die wêreld vir die 25ste Pinkster Wêreld Konferensie.  Ons verwelkom jou om deel te wees van hierdie globale gebeurtenis wat gehou word 27-30 Augustus 2019.  Met meer as 55 gaste van regoor die wêreld is Kananda trots om die gasheer te wees vir geesvervulde gelowiges tydens hierdie vierdag gebeurtenis waar doelbewuste gekose sprekers ons harte sal aanraak.  Die Pinkster Wêreld Gemeenskap is ‘n koöperatiewe liggaam van Pinkster kerke en groepe van goedgekeurde status wêreldwyd, en PAOC is ‘n lid.

Vir alle verwante informase rakende hierdie konferensie, gebruik die volgende skakels:
https://25pwc.org/
http://afm-ags.org/category/events/

Seënwense!
M.G. Mahlobo

Spread the word...