Nuusflits, 29 Maart

Laai die PDF weergawe hier af:

 29 MAR AFR 2019

Kollega,

DRINGEND: VERSOEK VIR DONASIES EN GEBEDE VIR DIE SLAGOFFERS VAN SIKLOON IDAI

Sikloon Idai het op 14 Maart 2019 grootskaalse vernietiging in Mosambiek, Zimbabwe en Malawi veroorsaak.  Huise, paaie en bruê is uitmekaar geskeur en landbou grond is heeltemal bedek met water.  In Mosambiek alleen was daar meer as 400 bevestigde sterftes.

Ons suster kerk in Zimbabwe, die AGS in Zimbabwe, is besig om noodverligting te mobiliseer vir die gebiede wat geraak is in Zimbabwe. Katastrofiese skade is in en om Beira in Suidelike Mosambiek aangerig.  Ons lidmate, hulle huise en kerkgeboue is ook beskadig. Huidiglik wag ek vir meer informasie.

Ek vra vir donasies in die vorm van kontant, nie-bederfbare voedsel, mielie donasies vanaf boere, klêre, komberse en enigeiets wat hierdie families sal help om hulle huise weer in te rig.

Die Nasionale Leierskap Forum (NLF) het tydens hulle onlangse vergadering in Kaapstad ‘n besluit geneem om ‘n som van R100,000.00 aan Mosambiek asook dieselfde bedrag aan Malawi te skenk. Ander AGS streke het ook ‘n finansiële bydrae beloof.

Huidiglik fokus ons op Malawi en Mosambiek.

BYSTAND AAN MOSAMBIEK

Bystand aan Mosambiek moet gestuur word deur “AFRICA MISSIONS”.

Fisiese donasies en kosvoorrade kan afgelewer word by:
PLOT 147
Hebronstraat,
HAAKDOORNBOOM
PRETORIA

Finansiële donasies kan in die volgende rekening inbetaal word:
ABSA
Africa Missions
Rekening nommer: 60174970
Tak: Pretoria Noord (Gebruik universiële takkode)
*Noem asseblief wie die inbetaling maak.
*Gebruik asseblief die volgende kodes:
Dak materiaal vir Mosambiek en Malawi – Moz/Mal A
Vir kos, vervoer ens. vir Mosambiek en Malawi – Moz/Mal B

Vir verdere inligting kontak:
Projek Bestuurder (Mosambiek/Malawi Verligtingswerk):  Drienie Jacobs 079 622 4053
Administrasie:  Gary Gilmore 071 986 2270
Kantoor: 012 642 2965 / 012 542 2998

BYSTAND AAN MALAWI

Met betrekking tot die AGS in MALAWI is die volgende nege (9) kerkgeboue beskadig:
Thawale kerk in die Mwanza distrik,
Chimwanga kerk in die Blantyre distrik,
Chadzunda kerk in die Blantyre distrik,
Tomali kerk in die Chikwawa distrik,
Thabwani kerk in die Chikwawa distrik,
Mpoza kerk in die Chikwawa distrik,
Matemba kerk in die Oos bank- Chikwawa distrik,
een Kerk in die Nchalo-Chikwawa distrik en
Mahame kerk in die Thyolo distrik.

Ongeveer 600 AGS lidmate word geaffekteer. Mense benodig kos, klêre, beddegoed en skuiling. Bystand in die vorm van boumateriaal, nie-bederfbare voedsel, klêre, komberse en geld sal waardeer word. Bystand vir Malawi moet gestuur word deur die AGS Mpumalanga Hoëveld Streek wat die noodverligting aksie koördineer.

Finansiële donasies moet inbetaal word in die volgende bankrekening:
AGS Mpumalanga Hoëveld Streek
Absa Bank
Rekeningnommer: 4054151766
Tak: Middelburg
Verwysing: Malawi Project

Vir bykomende inligting:
Past Victor Sibiya (Streeksleier): 082 744 4505

Laat ons volhard om te bid vir diegene wat geraak word deur hierdie natuurramp – vir diegene wat geliefdes en hulle huise verloor het.  Ons harte gaan uit na elke persoon gedurende hierdie moeilike tyd.

Seënwense,
MG Mahlobo.

Spread the word...