Newsflash: Child Protection: A Kingdom Responsibility

May 29, 2026

Newsflash (with isiZulu Translations): Xenophobic Attacks & Threats of Violence

June 11, 2026

Newsflash: Child Protection: A Kingdom Responsibility

May 29, 2026

Newsflash (with isiZulu Translations): Xenophobic Attacks & Threats of Violence

June 11, 2026

KINDERBESKERMING:

’N KONINKRYKSVERANTWOORDELIKHEID

Kinderbeskermingsweek herinner ons daaraan dat die versorging van kinders ‘n Koninkryksverantwoordelikheid is en nie net ‘n sosiale verantwoordelikheid nie. Regdeur die Skrif openbaar God Sy hart vir die kwesbares, die gebrokenes en dié sonder ’n stem. As Kerk word ons geroep om daardie hart van deernis, beskerming en praktiese sorg teenoor ander te weerspieël.

Tydens Kinderbeskermingsweek (29 Mei–5 Junie) moedig die AGS Welsyn elke gemeente en gelowige aan om biddend te besin oor die rol wat ons kan speel om veiliger omgewings vir kinders in ons huise, kerke en gemeenskappe te skep. Baie kinders in Suid-Afrika word steeds gekonfronteer met mishandeling, verwaarlosing, geweld, armoede en verlatenheid. Agter hierdie werklikhede is kinders wat smag na veiligheid, liefde, aanvaarding en hoop. Te dikwels ly kinders in stilte omdat volwassenes nalaat om hierdie uitdagings raak te sien, op te tree of in te gryp.

As AGS Welsyn sien ons elke dag beide die pyn én die veerkragtigheid van kwesbare kinders. Ons sorg tans vir 446 kinders in 34 Kinder- en Jeugsorgsentrums en 13 Pleeghuise landswyd. Dit sluit babas, ouer kinders en kinders met ernstige gestremdhede in wat in ons sorg opgeneem is as gevolg van mishandeling, verwaarlosing, verlatenheid of onveilige omstandighede. Ons word voortdurend daaraan herinner dat genesing moontlik word wanneer kinders omring word deur standvastige liefde, stabiliteit, gebed en ondersteuning. Deur die samewerking van kerke, donateurs, versorgers, maatskaplike werkers en gemeenskappe word lewens herstel en toekomsverhale herskryf.

Die Kerk het ’n onmisbare rol in kinderbeskerming – spesifiek deur die betrokkenheid van AGS lidmate en ons verskeie bedieninge (kinders, jeug, susters en manne bedieninge). Kinderbeskerming moet ’n prioriteit wees op elke vlak – plaaslik, streeksgewys en nasionaal. Dit vereis samewerking oor alle sektore heen om kinders op elke moontlike manier te beskerm.

Dikwels begin dit met eenvoudige aksies soos om:
Raak te sien wanneer ’n kind swaarkry en bedag te wees op waarskuwingstekens;

  • Families in krisis te ondersteun;
  • Praktiese hulp te verleen;
  • Jongmense te mentor;
  • Veilige ruimtes te skep waar kinders gewaardeer en gehoor voel; en
  • Vir God se beskerming oor ons kinders te bid.

Deernis moet meer as net ons woorde wees en meer sigbaar word in daadwerklike optrede. Mag ons as gelowiges voortgaan om gemeenskappe te bou waar kinders beskerm word, families versterk word en die liefde van Christus sigbaar word deur ons sorg vir die mees kwesbares onder ons.

Past. Bongiwe Naile | CEO – AFM Welfare

BEMAGTIGING VAN AGS LIDMATE VIR BEDIENINGS IMPAK

Binne die AGS hoor ons dikwels die vraag: “Daar is opleiding vir leiers, maar wat van opleiding vir lidmate?” Een van die AGS se kern Missionêre Aksies is om gelowiges toe te rus en op te lei vir die werk van bediening. In reaksie op hierdie behoefte is die AGS Teologiese Kollege opgewonde om sy splinternuwe Kortleerprogramme (SLP’s) bekend te stel, wat spesifiek ontwikkel is om gelowiges op grondvlak te bemagtig vir betekenisvolle bediening in hul gemeentes en gemeenskappe.

Pastore word aangemoedig om hierdie kort programme aktief binne gemeentes te bevorder as deel van ‘n dissipelskapstrategie. Gesonde gemeentes word gebou wanneer gelowiges bemagtig, toegerus en uitgestuur word in doelgerigte bediening.

Die kortleerprogramme bied pastore ’n waardevolle dissipelskap- en bemagtigingsinstrument wat lidmate binne die plaaslike gemeente kan versterk.

Die volgende kortleerprogramme is beskikbaar. Die kursusse word aanlyn en in Engels aangebied en maak kwaliteit AGS-opleiding toeganklik vir gelowiges regoor die land:

  • Children’s Ministry 101
  • Principles of Bible Study 101
  • The Pastor’s Spouse 101

📖 Duur van die kursus: 3 maande | Begin op 20 Julie 2026.

📖 Taal van onderrig: Engels.

📖 Aanlyn: ’n Rekenaar en internetverbinding is ‘n vereiste. 

📖 Koste: R950 per persoon. 

📖 ’n Gesertifiseerde afskrif van die lidmaat se ID (nie ouer as 3 maande nie) word vereis.

Die kortleerprogramme is nie-geakkrediteer, bekostigbaar en ontwerp vir die Christen wat begeer om geestelik en prakties te groei. Vir meer inligting en om te registreer, besoek die AFMTC-webwerf by www.afmtc.ac.za of kontak ons studente-ondersteuningspan by info@afmtc.ac.za.

FUELLING THE FIRE 2026 – DEEL JOU TERUGVOER EN VOORSTELLE VIR 2027

Jou terugvoer is vir ons baie belangrik! As deel van die NOB Bemagtigingsbesoeke nooi ons elkeen wat die sessies bygewoon het uit om ’n paar minute af te staan om die opname te voltooi deur die QR-kode te skandeer. Jou insette help ons om die behoeftes van ons gemeentes en gemeenskappe beter te verstaan en speel ’n belangrike rol in die beplanning en bemagtigingsinisiatiewe vir 2027. Dankie dat jy saam met ons bou, versterk en groei vir die toekoms.

https://www.surveymonkey.com/r/NOB2026_

VOLGENDE OP ONS REIS: OPKOMENDE KONFERENSIES

Vriendelike Groete,

Henri Weideman.