Newsflash: Friday, 31 May

Laai die PDF weergawe hier af:

31 MEI AFR 2019

Liewe AGS Kollega,

1. PINKSTER WEEK & PINKSTER SONDAG

Mei-maand is ‘n uiterse betekenisvolle maand vir die AGS van Suid-Afrika. Die AGS is gebore op 25 Mei 1908. Vanjaar op 25 Mei het die AGS 111 jaar gevier. Gister was Hemelvaartdag en vandag op 31 Mei 2019 is dit die begin van die Pinksterweek. Die Pinksterweek eindig weer op Pinkster Sondag, 9 Junie 2019.

Pinksterweek is ‘n tien-dag periode wat begin op die dag direk na Hemelvaartdag en eindig weer op die tiende dag wat tradisioneel bekend staan as Pinkster Sondag. Pinksterweek is die Christelike herdenking van die tien dae wat lei tot die uitstorting van die Heilige Gees. In Handelinge 1:4-5 (AFR83) lees ons: 4Terwyl Hy ‘n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: “Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het. 5Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne ‘n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”

Jesus het die bogenoemde woorde gesê nadat hy vir 40 dae na sy opstanding saam met hulle was. My beroep op alle pastore en AGS gemeentes is dat ons van die Pinksterweek gebruik moet maak as ‘n tyd van besinning oor die betekenis van die uitstorting van die Heilige Gees. Waar moontlik, laat ons dienste hê wat fokus op die doop in die Heilige Gees (Handelinge 2), die Gawes van die Heilige Gees (1 Korintiërs 12: 4-11) en die Vrug van die Gees (Galasiërs 5: 22-23).

Die Pinkster Sondag is die viering van die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag (Handelinge 2: 1). As jy die Ou Testament lees, sal jy ontdek dat Pinkster een van die Joodse feesdae was. Die Jode het dit nie Pinkster genoem nie (dit is die Griekse woord vir vyftig). Die Jode het dit die “Feast of Harvest” of die “Feast of Weeks” genoem. Ons lees dit op vyf plekke in die eerste vyf boeke van die Bybel. Dit is Eksodus 23, Eksodus 24, Levitikus 16, Numeri 28, en Deuteronomium 16. Dit was die viering van die begin van die vroeë weke van die “harvest” of oes.

Baie Christelike kerke vier Pinkster Sondag, nie om ‘n koringoes te vier nie, maar om die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 2 te onthou. Laat ons van Sondag, 9 Junie 2019 gebruik maak as ‘n tyd om die uitstorting van die Heilige Gees te vier.

2.  UITNODIGING NA DIE AGS NASIONALE KONFERENSIE

Onthou dat die AGS Nasionale Konferensie in Kaapstad sal plaasvind by The Lighthouse Ministries,  Voortrekkerweg 275, Parow. Die tema is “Rooted in Christ”. Dit begin met ‘n aanddiens op Sondag, 15 September en eindig weer met ‘n aanddiens op Woensdag, 18 September 2019.

Afgesien van die inspirerende aanddienste, sal daar ook PCD (Pastorale Deurlopende Ontwikkeling) sessies wees wat fokus op die kwessies wat nodig is vir die geestelike groei van ‘n pastoor. Dit sal die volgende onderwerpe insluit: “Gebed” aangebied deur Suzette Hattingh, “Opvolging” deur Dr. Anthony Jacobs en “Kerkplaning” deur Danie Vermeulen. Dit sal ook ‘n sessie insluit wat gefokus is op die behoeftes van pastoor vrouens.

Vir meer inligting besoek gerus die volgende skakels:
http://afm-ags.org/
https://www.facebook.com/AFMOFSA/

Aanlyn registrasies word ook nou aanvaar:
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=365

Ons sien uit daarna om jou by die konferensie te ontvang.
Seën
M.G. Mahlobo

Spread the word...