Wees goeie rentmeesters (bewaarders, toesighouers, beskermers) van God se hulpbronne – Om die inwerkingstelling van die Groot Opdrag te bespoedig.
Omskrywings:
Goeie bestuur gaan oor die mees doeltreffende en rekenpligtige proses van besluitneming en die proses waardeur hierdie besluite geïmplementeer word.
Goeie bestuur in die kerk het te make met die manier waarop die kerk, as openbare instelling, private en openbare sake bedrywe en sy hulpbronne bestuur.
Gelyke beskrywings:
• Rentmeesterskap
• Goeie beheer
• Rekenpligtigheid, deursigtigheid, om in staat te wees om kerkbates, hulpbronne en tyd te bestuur.
• Daar moet stelsels in plek wees wat rekenpligtigheid vir alle partye in die kerk sal skep.
• Daar moet behoorlike struktuurbeheer en -administrasie wees.
Kerngeskrifte:
• Handelinge 6:3
• 1 Tim. 3:5
• Matt. 2:14
• Rom. 12:8
• 1 Kor. 12:28
Die begrip van goeie bestuur in die kerk konsentreer op die verantwoordelikheid, op alle vlakke van die kerk, om met al die beskikbare hulpbronne, aan die behoeftes van sy lede te voldoen. Goeie bestuur word op doeltreffende leierskap en morele beginsels, gebaseer. Dit is gemik op die groei en ontwikkeling van die kerk en is dus onlosmaaklik aan die sending-gerigte fondasie van die kerk, verbind.
Satan en sonde werk altyd vir anargie en wanorde. Alles wat God geskep het leef en werk in perfekte harmonie en balans met die res van Sy skepping – van die reusagtige sonnestelsel van die heelal tot die selle in die menslike liggaam. Satan sal altyd, in ons sondegebroke, aardse realiteit, probeer om wanorde en disfunksie te veroorsaak, ook in die kerk. Dit is waarom sommige mense met ʼn selfgesentreerde agenda dikwels wegbreek van die ordelike strukture van die kerk af, waar rekenpligtigheid vereis word.
Goeie bestuur in die kerk erken dat gelowiges nie perfekte en foutlose mense is nie en dat dit tot voordeel en veiligheid van almal is dat verantwoordelikheid en rekenpligtigheid gekontroleer word. Bestuur gaan oor oorsig op alle vlakke in die kerk, sonder om die mense in te perk en sonder om inisiatief te onderdruk.
Goeie bestuur gaan daaroor om goeie rentmeesterskap van God se mense en Sy belange, te beskerm. ʼn Mens sal nie wegskram van rekenpligtig en deursigtig wees, as ʼn mens se lewe opreg met God en eerlik met sy/haar medemens is nie. Trouens, integriteit verwelkom dit.