Om die heiliges (lede) toe te rus om hul roeping en Goddelike gawes en talente te vervul.
Gelyke beskrywing:
Onderrig/leer
Toerus
Oplei
Demonstreer
Vertrou + vrylaat (delegeer)
Afrig + mentor
Kerngeskrifte:
Efesiërs 4:11+12
Matt. 28:19 (“…en leer ..”)
2 Tim. 2:2
Die bemagtiging van ons lidmate word duidelik as deel van ons visie gestel: “Ons sien ʼn kerk wat vir alle mense toeganklik is, wat ons eenheid en Godgegewe diversiteit vier, wat onslede bemagtig om om te gee en ons gemeenskappe tot God se glorie te transformeer.” Een van die hoofredes waarom gelowiges geroep word om na ʼn kerkdiens toe te kom, is vir die doel van bemagtiging.
Bemagtiging is inherent deel van die Groot Opdrag: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” (Matt. 28:19) Om dissipels te maak impliseer bemagtiging. Die AGS moet, in ʼn tyd waarin basiese kennis van Koninkrykbeginsels en om volgelinge van Christus te wees, baie beperk en vlak geword het, die belangrikheid van bemagtiging beklemtoon.
ʼn Kerngeskrif in hierdie geval is Efesiërs 4:11+12: “En dit is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.” (Ook 1 Kor. 12: 27+28) Ons erken hierdie evangeliebedienings wat toerus. Hulle hooftaak is om die heiliges vir hulle werk in die evangeliebediening toe te rus/te bemagtig.
Dit is belangrik om ʼn omgewing en kultuur te skep waar “gewone” lede hul verantwoordelikhede as “voltydse” lede van die liggaam van Christus aanvaar. Elke lid moet besef dat hulle in gelyke mate deur God geroep word en ʼn spesifieke gawe(s) het om hul evangeliebediening te vervul. Dit is hierdie lede wat in ons moderne markte leef en werk. Hulle moet bemagtig en die opdrag gegee word om, naby en ver, getuies van Christus te wees. Die sending-gerigte doel en omvang van ons bemagtiging is onmiskenbaar.
Ons sal, deur ons lede te bemagtig, ons beste doen, deur Jesus se manier van Sy dissipels bemagtig, te volg. Hy het eers daaraan tyd bestee om hulle te leer. Dit is gevolg deur aan hulle die “hoe om” te wys. Hy het toe voortgegaan om hulle deel te maak van sy evangeliebediening – bv. die vermenigvuldiging van vis en brood. Die volgende stap was om hulle uit te stuur om self die evangelie te bedien (Lukas 9:1+2). Hy het hulle reggehelp toe hulle misluk of foute gemaak het – bv. die seun met die bose geeste (Markus 9:14-29). Dit is waar die belangrike verantwoordelikheid van mentorskap en afrigting inkom. Hy het seker gemaak, toe hulle opleiding voltooi is, dat hulle met die Heilige Gees gevul is, voordat hulle die wêreld in gestuur is (Lukas 21:49, Handelinge 1:8). Toe moes hulle die proses met nuwe bekeerdes herhaal (Matt. 28:19 en 2 Tim. 2:2).
Bemagtiging vind op verskillende maniere en op verskillende vlakke plaas. Daar moet altyd onthou word dat die hoofdoel van ons bemagtiging is om ware dissipels te ontwikkel, apostoliese verteenwoordigers wat die Missio Dei – die Missie van God, kan vervul. Ons moet wegbeweeg van die eeue oue tradisie van lede as blote leke, en pastore as die “wat geroep is”, te sien. Elke lid moet weet dat hulle net soveel deur God geroep word en dat hulle , deur hulle lewens en werk, geroep word om getuies van Christus te wees. Hulle is in gelyke mate en “voltyds” deel van God se liggaam.
Wees ʼn volgeling van Christus – maak volgelinge van Christus.
Gelyke beskrywings:
Volgeling, student, leerder, leerling.
Wees ʼn voorbeeld van ʼn ware volgeling van
Elke lid moet Jesus volg en meer soos Jesus word.
Skep ʼn Christelike karakter onder alle lede.
Kort omskrywings:
Dissipelskap beteken die lewenslange proses van spontane en opsetlike leer, opleiding, groei en ontwikkeling waartydens die gelowige, deur die werk van die Heilige Gees, al hoe meer en met egtheid, meer en meer van Jesus Christus in sy/haar lewe demonstreer.
ʼn Persoonlike volgeling van Jesus Christus tydens sy/haar lewe.
Dissipelskap is onlosmaaklik verbind aan die Groot Opdrag en dus van kardinale belang as strategiese fokus in ons Strategie vir Een AGS. Laat die woorde van Jesus weereens in ons ore weerklink: “Gaan dan na al die nasies toe en maak van al die mense dissipels…” (Matt. 28:19) Die Groot Opdrag strek verder as die Evangelie verkondig en bekeerdes maak. Daardie bekeerdes moet dissipels gemaak word. Indien nie, het ons nie behoorlik uitvoering aan Jesus se opdrag gegee nie.
Om ʼn ware missionale-gerigte kerk te wees, voorveronderstel ware dissipels, net soos kerklede wat ware dissipels is, ʼn missionale-gerigte kerk impliseer. Daar kan nie een sonder die ander wees nie.
ʼn Mens moet self ʼn dissipel wees om dissipels te maak (1 Kor. 11:1). 11:1) Dit impliseer dat ʼn mens Jesus as Heer en Verlosser aanvaar het. Daar is baie wat vir Jesus as die opperste voorbeeld en mees edel uitdrukking van perfekte menslikheid ag (bv. Mohandas Ghanddi), Mohandas Ghanddi), maar u kan slegs ʼn dissipel van Jesus word as Hy u Verlosser/Heiland geword het. Dissipelskap begin met verlossing.
Die kern van dissipelskap is om die karakter en gedagtes van Christus te internaliseer, met ander woorde, om spontaan meer en meer van Hom uit te beeld – meer van Sy liefde, Sy lewe en Sy krag (Gal. 4:19).
Dissipelskap impliseer bemagtiging. Dit is ook die rede waarom nuwe bekeerdes uiters dringend in die Heilige Gees gedoop moet word (Handelinge 1:8). ʼn Lewe wat deur die Gees beheer word, skep spontaan eienskappe van Christus (2 Kor. 3:18). 3:18) Dit is deel van die vrugte van die Gees. (Gal. 5:22)
Ons mislukking om ware dissipels van Christus te skep, mag dalk die een tekortkoming van die kerk wees en is die waarskynlike rede waarom ons land soveel onaanvaarbare vlakke van maatskaplike-, seksuele- en persoonlike euwels en -ongeregtighede het – ten spyte van so ʼn hoë persentasie Christene. Daar is baie naamwoordelike Christene, maar minder dissipels van Christus.
Die kerk en sy geloofsendings kan nie mense red nie – net God kan dit doen. Ons word egter deur God die opdrag gegee om dissipels, persoonlik volgelinge van Christus, te maak en om hulle na volgroeidheid te lei (Efesiërs 4:12). Dit gebeur deur prediking en leer, deur die voorbeeldige lewens van ons leiers, deur mentorskap en afrigting, wat in die konteks van ware en egte verhoudings plaasvind. Om ware dissipels van Jesus te maak is ʼn belangrike uitdaging – van ons kleinste gemeentes tot ons megakerke.
As ʼn volgeling van Christus, weerspieël hom orals!
Elke AGS-lid word geroep as getuie van Christus!
Gelyke beskrywings:
“Wees” kerk buite die “kerkgebou”
Lede word geroep om getuies van Christus te wees.
Lede word geroep om Christus aktief in hul gemeenskappe te verteenwoordig.
Lede besef ten volle dat hulle verteenwoordigers van die Koningryk is.
Omskrywing:
ʼn Missionale-gerigte kerk is ʼn kerk waar elke lid hom-/haarself as ʼn aktiewe lid van die liggaam van Christus ag, deur God geroep en gestuur om, waar ook al hy/sy is, die lig en die sout te wees.
Kerngeskrifte:
Matteus 28:19
Markus 16:15
Johannes 20:21
Handelinge 1:8
Die woord MISSIONAAL is ʼn nuwe woord, maar dit is kernbelangrik om die ware betekenis te verstaan, aangesien dit nie bloot een van die strategiese fokuspunte van die AGS is nie, maar die fondament waarop ons strategiese plan gebou word. Om missionaal-gerig te wees is ons bestaansrede, die DNS van ons kerk en ons oortuigende verlossingsdoel. Die eerste generasie AGS-lede was werklik missionaal in hul daaglikse lewens, alhoewel die woord “missional” in ons vroeë jare nie gebruik of bekend was nie. Dit is selfs in ons naam ingegrif.
Ons moet die Groot Opdrag van ons Heer, Jesus Christus herontdek en onsself weer daarna rig: Matt. 28:19: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Markus 16:15: “Hy vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom” Johannes 20:21: “Soos die Vader My gestuur het, stuur ek julle ook.” Handelinge 1:8: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuie wees, sowel in Jerusalem as in die hele Judea en in Samaria en tot die uithoeke van die wêreld.”
Om ʼn MISSIONALE kerk te wees moet drie waarhede beklemtoon word:
1 – God is regtig die Groot Sendeling Hy is die eerste “Stuurder” en ook die eerste “Gestuurde een” – “Want so lief het God die wêreld gehad, dat hy… gegee het…” (Johannes 3:16) Die teologiese term is: Missio Dei – wat die Missie van God beteken. Dit is die opsomming en somtotaal van God se verlossingswerk. Die Vader het sy Seun gestuur; die Vader en die Seun het die Gees gestuur; die Vader, Seun en Gees stuur die kerk. Ons lees in die Evangelie van Johannes nagenoeg veertig keer oor Jesus wat gestuur is. In Johannes 20:21 sien Jesus homself nie net as die een wat gestuur is nie, maar ook die een wat stuur: “Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle ook.” Dit is van kardinale belang dat ons, die kerk, onsself — beide gesamentlik en as individue — as deur ʼn Sendeling-God gestuur, moet ag. Dit is belangrik om te besef dat die Groot Opdrag van Jesus nie slegs aan ʼn verkose paar, ʼn komitee of ʼn paar “sendingdenkende” mense in die kerk gegee is nie, maar aan die hele liggaam van gelowiges – geen gelowige word buite rekening gelaat nie!
Die kerkdiens is nie veronderstel om die primêre skakelpunt met dié buite die kerk te wees nie – veral in ʼn post-Christendom konteks. Terwyl daar niks daarmee verkeerd is om mense aan te lok kerk toe en vriendelik en sensitief teenoor soekers te wees nie, het die missionale kerk meer belang by die mense in die kerk na die mense van die wêreld toe stuur, eerder as om die mense van die wêreld by die mense van die kerk te kry. Sy primêre uitdaging is nie om meer mense in die kerk (gebou) te kry nie, maar om meer kerk onder die mense van die wêreld te kry. Die mark, in stede van die kerkdiens, word die hoofskakelpunt met die wat nie verlos is nie. Ons benadering van “kom en kyk” moet verander na “gaan en wees”.
Die hoofdeel van Jesus se evangeliebediening was nie tot die kerk/tempel beperk nie en het nie in die tempel of sinagoges plaasgevind nie:
1 – Hy het sy dissipels geroep – nie in die tempel of vanuit die teoloë en godsdienstige leiers nie, maar by hul werkplek – terwyl hulle vis gevang het en belasting opgegaar het. – (Matt. 4:19, Lukas 5:27+28)
2 – Sy grootste leer oor die Koningryk (die Bergrede) is, nie in die tempel nie, maar op ʼn berg, gelewer. (Matt. 5-7)
3 – Baie van sy wonderwerke het in mense se huise en op die pad plaasgevind.
4 – Hy het die plekke besoek waar daar oorvloedige hartseer en pyn was – Bethesda (Johannes 5:1-8)
5 – Hy het neergebuig en klein kinders in die strate van Jerusalem omhels. (Matt. 19:13-15)
6 – Hy was goedgesind teenoor sondaars, maar streng teenoor godsdienstige skynheiligheid. (Matt. 23:1-39)
7 – Hy het nie weggebly van vierings af nie – Cana. (Johannes 2:1-12)
8 – Hy het selfs by mense by hul werksplek aangesluit (Lukas 5:1-6)
9 – Hy het regoor grense sendelingwerk gedoen en gedurf om in die buiteland, met sterk okkultiese praktyke, in te gaan, waar ʼn maniak wat deur ʼn demoon besete is, regeer het en die mense Hom gesoebat het om weg te gaan. (Markus 5:1-20)
10 – Hy het die onaanraakbare (melaatses) aangeraak en die ongeliefde liefgehad (belastinggaarders/tollenaars – Lukas 5:12+13)
11 – Hy het kulturele-, geslags- en rassegrense geïgnoreer (Samaritaanvrou by die put – Johannes 4:1-10).
12 – Hy het met sondaars omgegaan – is ʼn “vraat en wynsuiper, vriend van tollenaars en sondaars” genoem. (Matt. 11:19) Hierdie was die tipe mense waarmee hy omgegaan het.
Die aantrekkingsmodel werk relatief goed waar die algemene kultuur tot godsdiens geneig is – soos in baie dele van Afrika. Die Westerse kultuur is egter post-Christen en die aantrekkingsmodel het meestal sy aanloklikheid en doeltreffendheid verloor. Daar is ʼn toenemende skeiding/skeuring tussen “kerk” en “wêreld.” In Christus het God (die Woord) “vlees geword”. Ons noem dit “menswording”. Om “missional” te wees impliseer dat Christene (die kerk) in ʼn afgeleide sin Christus wat in ons gemeenskappe “mens geword het”, word. (Dit kan ook dien as ʼn verdere omskrywing van ʼn missionale-gerigte gelowige.)
3. Om ʼn missionale kerk te wees impliseer dat ons aktief aan die Missio Dei, of missie van God, deelneem.
Ons neem baie keer verkeerdelik aan dat die primêre aktiwiteit van God in die kerk is, eerder as om te sien dat God se primêre aktiwiteit in die wêreld is en dat die kerk God se instrument is wat na die wêreld toe gestuur word om aan sy verlossingsmissie deel te neem. Daar is vandag basies drie tipes kerke: 1- Kerke wat geen belang daarin het om verlorenes te wen nie en wat nie daarby betrokke is nie; 2- Kerke met ʼn sendingsprogram; 3 – Missionale-gerigte kerke. Hierdie beslissende onderskeid verhelder die verskil tussen ʼn kerk wat ʼn sendingsprogram het en ʼn missionale kerk. ʼn Kerk met ʼn sendingprogram sien sendingwerk gewoonlik as een aktiwiteit van baie ander, gelykwaardig belangrike, kerkprogramme. ʼn Missionale-gerigte kerk, aan die ander kant, fokus al sy aktiwiteite om sy deelname in God se agenda vir die wêreld. Alle aktiwiteite van die kerk moet op en om die Missio Dei gefokus en georganiseer wees. As die kerk vergelyk word met ʼn wiel, is missionaliteit nie die wiel se speek nie – dit is die kern, die kegel van die wiel. Alles moet daaraan verbind wees.
Dit is die Missio Dei/missie van God wat die kerk tot bestaan roep. Met ander woorde, ons kan nie meer die kerk sien as die beginpunt wanneer ons aan missionaal dink nie. Die kerk moet eerder as die gevolg van God se missie gesien word. In die woorde van Suid-Afrikaanse missioloog, David Bosch: “Dit is nie die kerk wat die missie onderneem nie; dit is God se missie wat die kerk daarstel.” Of ietwat anders gestel; “dit is nie soseer dat God ʼn missie vir Sy kerk in die wêreld het nie, maar dat God die kerk vir Sy missie in die wêreld het” (Christopher Wright)
Integriteit. Integriteit gaan oor egtheid en waarheid. Dit gaan oor die heelheid van karakter. Ons, as geestelike leiers, moet die eerste wees om integriteit te toon. Ons kan nie dit leer as ons dit nie leef nie. Ons evangeliebediening moet dit toon. Ons moet die daad by die woord voeg. God kan baie vir ʼn onheilige persoon doen – maar vir ʼn skynheilige kan Hy niks doen nie. Ons dienste moet eg wees. Ons lewens moet eg wees. Gelowiges mag op baie maniere misluk, maar wanneer integriteit in gevaar gestel word, kan niks daarvoor opmaak nie.
Verhoudings. Verhoudings hou sterk verband met integriteit – diep, egte verhoudings. Ons kom vanuit ʼn verlede van rassesegregasie en, gegewe die rassespanning wat weereens in ons land op die voorgrond is, is dit noodsaaklik dat ons ons Godgegewe eenheid versterk en versorg. Ons verhoudings met gesinslede, kollegas en kerklede is van kardinale belang. Dit is onmoontlik om ʼn gesonde kerk sonder diepgaande verhoudings te bou. Demonstreer dit asseblief en leer dit aan u mense.
Verantwoordbaarheid. Ek is seker dat u graag hierdie eienskap in u lede wil sien. Weereens begin dit by ons leiers. Ons is nie geïsoleerde individue sonder enige verantwoordelikheid teenoor mekaar nie. Ons is, as gelowiges, eerstens aanspreeklik teenoor God, maar die feit van die saak is dat die Bybel ook ons verantwoordelikheid teenoor ander duidelik stel. Op ʼn tyd wat individualisme hoog op die prys gestel word, is verantwoordbaarheid in die kerk nie onderhandelbaar nie. Om dit te ignoreer sal tot selfvernietiging lei. Ons moet gesag reg verstaan. God het gesagstrukture in die huwelik, die gesin, kerk en die staat geplaas. Almal moet iewers, deur iemand verantwoordbaar gehou word. U kan ook nie die gesag hê as u nie onder gesag is nie.
Uitmuntendheid. Glo ons dat alles wat ons doen ons moet doen soos asof vir die Heer? Getuig ons persoonlike lewens en evangeliebediening hiervan? As leiers is ons uiteindelik verantwoordelik vir uitmuntendheid in ons kerk en ons dienste. Dit is ʼn waarde wat ons aan ons mense moet leer en demonstreer. Armoede is geen verskoning vir die afwesigheid van uitmuntendheid nie. Uitmuntendheid moet ons oogmerk en houding wees. Middelmatigheid is nie goed genoeg nie.
Be good stewards (custodians, supervisors, guardians) of God’s resources – To accelerate the implementation of the Great Commission.
Definitions:
Good Governance is about the most effective and accountable process of decision-making and the process by which these decisions are implemented.
Good governance in the church has to do with the way in which the church as a public institution conducts private and public affairs and manages its resources.
Equivalent terms:
Stewardship
Good management
Accountability, transparency, being able to manage church assets, resources and time
Have systems in place that will create accountability for all parties in the church
The concept of Good Governance in the church centers on the responsibility on all levels of the church to meet the needs of its members with the resources available. Good Governance is based on effective leadership and moral principles. It is directed to the growth and development of the church and is therefore inextricably linked to the missional foundation of the church.
Satan and sin always works towards anarchy and disorder. Everything God created lives and works in perfect harmony and balance with the rest of His creation – from the immense universal solar systems to the cells in the human body. In our sin-broken earthly reality Satan will always try to bring disorder and dysfunction, also in the church. That is why some people with a self-centered agenda often break away from the orderly structures of the church where accountability is required.
Good governance in the church acknowledges that believers are not perfect and faultless people and that it is for the benefit and safety of all that responsibility and accountability be monitored. Without inhibiting people and without smothering initiative, governance is about oversight on all levels in the church.
Good governance is about securing good stewardship of God’s people and His interests. If one’s life is sincere with God and honest with your fellow-men, one would not shy away from being accountable and transparent. In fact, integrity welcomes it.