Onderrig, lei u lede op en rus hulle toe.
Omskrywing:
Om die heiliges (lede) toe te rus om hul roeping en Goddelike gawes en talente te vervul.
Gelyke beskrywing:
- Onderrig/leer
- Toerus
- Oplei
- Demonstreer
- Vertrou + vrylaat (delegeer)
- Afrig + mentor
Kerngeskrifte:
- Efesiërs 4:11+12
- Matt. 28:19 (“…en leer ..”)
- 2 Tim. 2:2
Die bemagtiging van ons lidmate word duidelik as deel van ons visie gestel: “Ons sien ʼn kerk wat vir alle mense toeganklik is, wat ons eenheid en Godgegewe diversiteit vier, wat ons lede bemagtig om om te gee en ons gemeenskappe tot God se glorie te transformeer.” Een van die hoofredes waarom gelowiges geroep word om na ʼn kerkdiens toe te kom, is vir die doel van bemagtiging.
Bemagtiging is inherent deel van die Groot Opdrag: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” (Matt. 28:19) Om dissipels te maak impliseer bemagtiging. Die AGS moet, in ʼn tyd waarin basiese kennis van Koninkrykbeginsels en om volgelinge van Christus te wees, baie beperk en vlak geword het, die belangrikheid van bemagtiging beklemtoon.
ʼn Kerngeskrif in hierdie geval is Efesiërs 4:11+12: “En dit is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.” (Ook 1 Kor. 12: 27+28) Ons erken hierdie evangeliebedienings wat toerus. Hulle hooftaak is om die heiliges vir hulle werk in die evangeliebediening toe te rus/te bemagtig.
Dit is belangrik om ʼn omgewing en kultuur te skep waar “gewone” lede hul verantwoordelikhede as “voltydse” lede van die liggaam van Christus aanvaar. Elke lid moet besef dat hulle in gelyke mate deur God geroep word en ʼn spesifieke gawe(s) het om hul evangeliebediening te vervul. Dit is hierdie lede wat in ons moderne markte leef en werk. Hulle moet bemagtig en die opdrag gegee word om, naby en ver, getuies van Christus te wees. Die sending-gerigte doel en omvang van ons bemagtiging is onmiskenbaar.
Ons sal, deur ons lede te bemagtig, ons beste doen, deur Jesus se manier van Sy dissipels bemagtig, te volg. Hy het eers daaraan tyd bestee om hulle te leer. Dit is gevolg deur aan hulle die “hoe om” te wys. Hy het toe voortgegaan om hulle deel te maak van sy evangeliebediening – bv. die vermenigvuldiging van vis en brood. Die volgende stap was om hulle uit te stuur om self die evangelie te bedien (Lukas 9:1+2). Hy het hulle reggehelp toe hulle misluk of foute gemaak het – bv. die seun met die bose geeste (Markus 9:14-29). Dit is waar die belangrike verantwoordelikheid van mentorskap en afrigting inkom. Hy het seker gemaak, toe hulle opleiding voltooi is, dat hulle met die Heilige Gees gevul is, voordat hulle die wêreld in gestuur is (Lukas 21:49, Handelinge 1:8). Toe moes hulle die proses met nuwe bekeerdes herhaal (Matt. 28:19 en 2 Tim. 2:2).
Bemagtiging vind op verskillende maniere en op verskillende vlakke plaas. Daar moet altyd onthou word dat die hoofdoel van ons bemagtiging is om ware dissipels te ontwikkel, apostoliese verteenwoordigers wat die Missio Dei – die Missie van God, kan vervul. Ons moet wegbeweeg van die eeue oue tradisie van lede as blote leke, en pastore as die “wat geroep is”, te sien. Elke lid moet weet dat hulle net soveel deur God geroep word en dat hulle , deur hulle lewens en werk, geroep word om getuies van Christus te wees. Hulle is in gelyke mate en “voltyds” deel van God se liggaam.