- Integriteit. Integriteit gaan oor egtheid en waarheid. Dit gaan oor die heelheid van karakter. Ons, as geestelike leiers, moet die eerste wees om integriteit te toon. Ons kan nie dit leer as ons dit nie leef nie. Ons evangeliebediening moet dit toon. Ons moet die daad by die woord voeg. God kan baie vir ʼn onheilige persoon doen – maar vir ʼn skynheilige kan Hy niks doen nie. Ons dienste moet eg wees. Ons lewens moet eg wees. Gelowiges mag op baie maniere misluk, maar wanneer integriteit in gevaar gestel word, kan niks daarvoor opmaak nie.
- Verhoudings. Verhoudings hou sterk verband met integriteit – diep, egte verhoudings. Ons kom vanuit ʼn verlede van rassesegregasie en, gegewe die rassespanning wat weereens in ons land op die voorgrond is, is dit noodsaaklik dat ons ons Godgegewe eenheid versterk en versorg. Ons verhoudings met gesinslede, kollegas en kerklede is van kardinale belang. Dit is onmoontlik om ʼn gesonde kerk sonder diepgaande verhoudings te bou. Demonstreer dit asseblief en leer dit aan u mense.
- Verantwoordbaarheid. Ek is seker dat u graag hierdie eienskap in u lede wil sien. Weereens begin dit by ons leiers. Ons is nie geïsoleerde individue sonder enige verantwoordelikheid teenoor mekaar nie. Ons is, as gelowiges, eerstens aanspreeklik teenoor God, maar die feit van die saak is dat die Bybel ook ons verantwoordelikheid teenoor ander duidelik stel. Op ʼn tyd wat individualisme hoog op die prys gestel word, is verantwoordbaarheid in die kerk nie onderhandelbaar nie. Om dit te ignoreer sal tot selfvernietiging lei. Ons moet gesag reg verstaan. God het gesagstrukture in die huwelik, die gesin, kerk en die staat geplaas. Almal moet iewers, deur iemand verantwoordbaar gehou word. U kan ook nie die gesag hê as u nie onder gesag is nie.
- Uitmuntendheid. Glo ons dat alles wat ons doen ons moet doen soos asof vir die Heer? Getuig ons persoonlike lewens en evangeliebediening hiervan? As leiers is ons uiteindelik verantwoordelik vir uitmuntendheid in ons kerk en ons dienste. Dit is ʼn waarde wat ons aan ons mense moet leer en demonstreer. Armoede is geen verskoning vir die afwesigheid van uitmuntendheid nie. Uitmuntendheid moet ons oogmerk en houding wees. Middelmatigheid is nie goed genoeg nie.