AGS Nuusflits: Vrydag, 9 Maart 2018

Kollega,

1. EMPOWERED21 AFRIKA KONGRES TE WOORD & LEWE, BOKSBURG

Vandag deel ek ‘n uiters belangrike en strategiese byeenkoms met julle – veral met ons AGS Pastore, Beheerliggaam Lede, Leiers en Lidmate in en rondom die Gauteng Provinsie.

Empowered21 is ‘n organisasie wat help om die toekoms te vorm van die Geesvervulde beweging (Spirit-empowered movement) regdeur die wêreld.  Dit is toeganklik vir alle Geesvervulde kerke, bedienige, organisasies, netwerke en gemeenskappe. Die Empowered21 Afrika Kongres is ‘n strategiese bemagtigende geleentheid wat direk praat tot die hart van missionaliteit en die AGS se “One AFM Game Plan”. Die visie van EMPOWERED21 is:

“That every person on earth would have an authentic encounter with Jesus Christ through the power and presence of the Holy Spirit…by Pentecost 2033.”

Die visie weerspieël die Groot Opdrag van Jesus en is verbind tot die basiese visie van elke Christelike kerk – en veral met elke AGS gemeente. ‘n Wye verskeidenheid van bedieningsleiers regoor die wêreld sal daar wees, insluitende William Wilson (President, Oral Roberts University), George Wood (Voorsitter, World Assemblies of God Fellowship); Opoku Onyinah (President, Ghana Pentecostal and Charismatic Council), Frank Chikane (President, AGS Internasionaal); Daniel Kolenda (President, Christ for All Nations); Ron Luce (Globale Jeug Strategis, Generation Next) en menige ander.

Tien fokus areas is geìdentifiseer vir beide die hoof en individuele sessies (wat ook in lyn is met die AGS se missionale kerk strategie):

  • Evangelisme

  • Dissipelskap

  • Gebedsnetwerke

  • Vroue Bediening

  • Kinder Bediening

  • Volgende Generasie Jeug Netwerk (Next Generation Youth Network – NGN)

  • Teologiese studente

  • Voorspraak en profetiese leierskap

  • Humanitêre hulp en rampverligting

  • Christelike Besigheids Netwerkvorming

Deur te registreer vir hierdie kongres ontvang jy die geleentheid om deel te wees van netwerk strukture (vanaf kontinentale tot nasionale vlakke) wat dien en netwerk met Afrika leiers op elkeen van die fokus areas. Die idee is om nuwe konneksies te skep wat die Geesvervulde beweging sal bemagtig om die Groot Opdrag te vervul.

Op Saterdag 19 Mei sal die program fokus op inter-generasie meedeling. Alle jong mense, Jeug Pastore en leiers word uitgenooi om deel te neem in die sessies wat aangebied word deur die “Next Generation Network – NGN”.  Plaaslike jeug wat nie kan bekostig om die volle Kongres by te woon nie, word aangemoedig om kaartjies vir slegs die Saterdag te koop teen ‘n verminderde prys van R150. Hierdie jeug kaartjies sal binnekort beskikbaar wees.

Ek wil jou aanmoedig om hierdie Kongres by te woon aangesien dit die algehele leierskap in jou gemeente, streek, netwerk of departement sal versterk.  Daar is ‘n vroeë en laat registrasie fooi. Die vroeë registrasie sluit op 31 Maart 2018 en beloop R1350.00. Na 31 Maart 2018 beloop registrasie kostes R1500.00.

Aanlyn registrasie kan geskied by “i-tickets”: https://itickets.co.za/events/383130. Die skakel kan ook gevind word op die offisiële webtuiste van Empowered21:

Vir meer inligting kontak:

Me Lunga: Kantoor 0126440987 Selfoon 0793358971

Past Modise Moatlhodi Selfoon 0824494288

Mnr Kabelo Ndlovu Selfoon 0832918637

Uitnodiging aan alle Geesvervulde bewegings (“Spirit-empowered movements):

2. STREEKS BEMAGTIGINGS BESOEKE 2018

The NOB sien uit daarna om aan te sluit met die oorblywende streeks, netwerk en departementele kommitee lede sowel as ons Pastore, hulle Beheerliggame en ander leiers in die kerk.  Die doel van hierdie besoeke is om sleutel kwessies onder die aandag van die leierskap van die AGS te bring wat opleiding, besprekings, oordenking en terugvoer sessies insluit.

Die sleutel kwessies van 2018 fokus op: ● Opvolg beplanning ● Tradisionêle missie paradigma vs. missionale paradigma ● Leierskaps ontwikkeling ● “Game Plan” terugvoer ● Bevordering van verhoudinge in streke, netwerke en departemente.  Die oorblywende datums en ontmoetingsplekke soos volg:

Seënwense!
M.G. Mahlobo
Spread the word...