AGS Nuusflits: Vrydag, 26 Januarie

Kollega,

Ontvang hiermee my beste wense vir die nuwe jaar! Ek bid dat God vir jou die nodige wysheid, kapasiteit en salwing sal gee vir jou bediening in 2018 en ook daarna. Ek herinner jou graag aan die feit dat die maand van Januarie in die AGS gewy word aan gebed en vas. Ek is dankbaar vir die wat alreeds hiermee besig is.

Dit is ‘n algemene feit dat Suid-Afrika uitdagings ervaar op vele tereine. Die belangrikste verantwoordelikheid van Christene is om ernstig en getrou te bid. Op 24 Februarie vind ‘n landswye gebedsinitiatief plaas. My versoek is dat pastore en gemeenskapsleiers dit biddend sal oorweeg om vrywillig ‘n gebedspunt in hul plaaslike gemeenskap te koördineer. So ‘n individu word bemagtig om die gebedspunt te koördineer en ontvang ‘n hulpbron pakket.

Wees bewus van die nodige inligting om deel te neem aan wat ek glo is ‘n God-geïnspireerde inisiatief.

 Up4SA Information AFM 2018
Maak ook kontak met Up4SA deur hul sosiale media platforms:

Webblad: www.up4sa.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/Up4SA/

 

1. NOB STREEKSBESOEKE 2018

Die NOB se besoeke aan ons streke skop binnekort af. Ons sien uit daarna om tyd te spandeer saam met elke streeks-, netwerk- en departementele komitee, asook al ons pastore, hul beheerliggame en ander leiers in die kerk. Die doel van hierdie besoeke is om strategiese kwessies met die leierskap van die kerk te deel en sluit opleiding, besprekings, refleksie en terugvoersessies in.

Die strategiese kwessies vir 2018 fokus op: ● Opvolgbeplanning (Succession Planning) ● Tradisionele sending paradigma vs. Missionaliteit paradigma ● Leierskap Ontwikkeling ● Game Plan terugvoer ● “Coaching” vehoudinge in streke, netwerke en departemente ● Praktiese eenheid/kohesie. Hiermee die datums en plekke vir ons 2018 streeksbesoeke:

2. AFM WEBBLAD

Die Nasionale Kantoor is opgewonde om aan te kondig dat die huidige webwerf (wat die afgelope 4 jaar sy doel gedien het) in die proses is om opgedateer te word. Die webwerf sal nuttige en opgedateerde inligting verskaf aan ons AGS pastore, leiers, lidmate en die breër Christelike gemeenskap.

Die nuwe webwerf sal op Vrydag, 24 Februarie 2018 aangeskakel word. Ons sien uit om met alle rolspelers van die kerk te skakel deur hierdie nuttige aanlyn platform.

3. VAKANTE POS

Vakante pos beskikbaar:

Presiderende Pastoor by AGS Paarl , ook bekend as Protea Aanbidding-Sentrum.

Ouderdomsgroep : 35 – 48

Profiel: ‘n Dinamiese Pastoor met sterk leiereienskappe

Curriculum Vitae kan per e-pos gestuur word aan die Dagbestuur: agspaarl@gmail.com om ons te bereik voor/op 30 Maart 2018.

Seën en guns vir 2018!

M.G. Mahlobo

Spread the word...

Leave a Reply