AGS Nuusflits: Vrydag, 23 September 2021

Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):

SEPTEMBER 23 AFR NUUSFLITS

HULPBRONNE:

1. Omsendbrief: GBM & Ondersteunende Bylaes

https://afm-ags.org/category/media/

2. Pastorale Brief: 3de Kwartaal (Nuut!)

https://afm-ags.org/pastorale-brief-3de-kwartaal-2021/

3. NOB Bemagtigingsbesoeke 2021: Power Point Aanbiedings 

https://afm-ags.org/nob-empowerment-visits-2021-power-point-presentations/

4. NOB Bemagtigingsbesoeke 2021: Video Opnames  

https://youtube.com/playlist?list=PLMguBPJZpLHYtSymo7ubUs2oXGS28rDn3

AGS Kollega,

1. NUUTSTE OMSENDBRIEF: ALGEMENE BESIGHEIDSVERGADERING (GBM)

 

Op Donderdag, 16 September 2021, is ‘n belangrike kommunikasie oor die komende GBM (Algemene Besigheidsvergadering) versprei. Ons sluit dit weer in hierdie Nuusflits in ter verwysing. Gebruik gerus die skakel (https://afm-ags.org/category/media/) om die volgende dokumente af te laai:

  • Omsendbrief (GBM Kennisgewing & Proses),
  • Bylae A & Ai: Voorlopige Agenda en Program,
  • Bylaag B: Registrasievorm,
  • Bylaag C: Notule van die 2018 GBM,
  • Bylaag D: Voorgestelde Wysigings aan die Konstitusie, en
  • Bylae E: Die lys van Genomineerdes vir die NOB-verkiesings en hul CV’s (E1-5).

Vir verdere navrae rakende hierdie kommunikasie, kontak Dr H.J. Weideman (Hoofsekretaris van die AGS van SA): henri@afm-ags.org.

2. DIE myAFM TOEP: UITNODIGING AAN PASTORE OM TE REGISTREER

Ek vertrou jy is bewus van die myAFM Toep wat amptelik op 1 Oktober 2021 bekendgestel gaan word. Die myAFM Toep het ‘n spesiale privaat afdeling vir AGS Pastore. AGS Pastore geniet gratis toegang tot hierdie private deel van die Toep en die AGS Nasionale Kantoor sal dit gebruik om gereelde en relevante kommunikasie en kennisgewings stuur. (Let wel dat ‘n subskripsie fooi van R12 per maand sal geld vir die gebruik van die publieke deel van die toep.)

Die toep skop af met basiese funksies wat geleentheid skep vir nog waardevolle funksies om in die toekoms bygevoeg te word. AGS Pastore geniet maklike toegang tot die volgende inligting op hul mobiele toestelle:

  • Die AGS van SA Kalender,
  • Jongste Nuusflitse en Pastorale Briewe vanuit die President te kantoor,
  • Jongste Omsendbriewe vanuit die kantoor van die Algemene Sekretaris,
  • Regstreekse kennisgewings, en
  • Relevante aankondigings.

Ek wil al ons Pastore aanmoedig om die stappe te volg om vooraf te registreer om toegang tot hierdie afdeling van die myAFM Toep te verkry. Die stappe is maklik om te volg en is beskikbaar by:

Vir tegniese ondersteuning, stuur ‘n boodskap na die WhatsApp-hulplyn:

063 456 0708

Vir verdere vrae, moet asseblief nie huiwer om ‘n e-pos navraag aan ons te stuur nie:

henri@afm-ags.org (Hoofsekretaris van die AGS van SA)

chantalle@afm-ags.org (AGS Kommunikasie)

3. MIL (Ministry Integrated Learning): KENNISGEWING

In die lig van die komende verkiesings, sowel as die nuwe datum vir die AGS se Algemene Besigheidsvergadering (GBM), moes ons die November-datums vir die MIL werkswinkels soos volg aangepas:

Pretoria:

Dinsdag-Donderdag: 2-4 November 2021

Amanzimtoti:

Maandag-Woensdag, 8-10 November 2021

** Bly dieselfde as voorheen

Bellville:

Maandag-Woensdag, 22-24 November 2021

Vir verdere navrae, kontak die MIL Nasionale Koördineerder, Dr Christo van den Berg:

mil@afm-ags.org OF 082 086 6269

** Bel gedurende kantoorure, van 9:00 tot 16:00, van Maandag tot Vrydag

Seën!

MG Mahlobo

Spread the word...