Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik per e-pos te stuur of uit te druk):
AGS Nuusflits Vrydag_21_APR_2023
HULPBRONNE
NOB-Bemagtigingsbesoeke 2023: Datums & Plekke – Jy word hartlik uitgenooi!
https://afm-ags.org/nob-empowerment-visits-2023-dates-venues/
Pastorale Brief 1ste Kwartaal 2023 – Lees Aanlyn of Laai Af!
https://afm-ags.org/pastorale-brief-1ste-kwartaal-2023/
AGS van SA Nasionale Kalender 2023 – Opgedateer met die Nuutste Veranderinge (8 FEB)!
https://afm-ags.org/afm-of-sa-national-calendar-2023/
AGS Kollega,
1. WAT DIE AGS GLO
Baie van ons lidmate het gevra vir ‘n dokument wat op ‘n kort en maklike manier verduidelik wat die AGS glo. Ek is bly om aan te kondig dat ons dit nou beskikbaar het. The Apostolic Faith Mission of South Africa,Confession of Faith, is basies ‘n pamflet wat die elf klousules van ons belydenis van geloof kortliks, en met relevante Skrifverwysings verduidelik.
Die pamflet word op ‘n professionele manier gedruk en kan bestel word teen R2,50 per pamflet vanaf die Nasionale kantoor – op dieselfde manier as wat skryfbehoeftes bestel word. Ek wil ons Pastore en Gemeentes aanmoedig om hierdie dokument aan lidmate beskikbaar te stel, veral aan die jeug en aan nuwe gelowiges.
Om ‘n bestelling te plaas, voltooi asseblief die Skryfbehoeftesvorm vanaf die volgende skakel: https://afm-ags.org/leading-the-afm/order-resources/.
2. NATIONAL MEN’S FELLOWSHIP KONFERENSIE
Ons sien uit na ‘n kragtige konferensie van 19-21 Mei 2023. Neem asseblief kennis van die volgende bykomende inligting:
-
- Registrasie vind streng plaas deur Streke.
- Op Saterdag, 20 Mei hou ons ‘n spesiale AGS NMF T-hemp en denim aand. T-hemde sal teen R250 by die konferensie beskikbaar wees.
- Saterdagoggend tussen 7h30 en 9h00 hou die Besigheidsforum ‘n spesiale Ontbyt funksie. Die fooi vir die Ontbyt sal binnekort bevestig word.
- ‘n Spesiale Fondsinsamelingsaksie sal by die konferensie uitgevoer word – streke moet asseblief gereed wees om bydraes te maak.
3. NOB-BEMAGTIGINGSBESOEKE
Hou Die Vuur Aan Die Brand
Ons sien daarna uit om tydens die 2023 Streeksbemagtigingsbesoeke tyd in bediening deur te bring saam met ons Pastore, Gemeenteleiers, Kerkrade, Departemente en lidmate. Die tema vir 2023 is: KEEP THE FIRE BURNING (HOU DIE VUUR AAN DIE BRAND).
Die Nasionale Ampsdraers het gelei gevoel om te fokus op die Geestelike Basis van Missionaliteit en om tyd te spandeer op wie ons is, en hoe ons leef as Heilige Gees vervulde mense en kerk. Ons sal fokus op (i) Ons Roeping as Gelowiges en Pastore; (ii) Daaglikse Tyd met die Woord en in Gebed; (iii) Die karakter, Waardes en Norme van Heilige Gees Vervulde Mense; en (iv) Hoe om die Vuur aan die Brand te Hou in jou Finansies.
Ons deel graag die oorblywende datums en plekke van ontmoeting vir 2023:
Die programme vir Vrydag en Saterdag is beskikbaar vanaf ons webwerf:
https://afm-ags.org/category/events/
Ons sien uit daarna om jou daar te sien!
Vriendelike Groete!
Henri Weideman