AGS Nuusflits: Vrydag, 14 Februarie 2020

Laai die PDF weergawe hier af:

14 FEBRUARY AFR 2020

AGS Kollegas,

1. DEURLOPENDE ONTWIKKELING VAN PASTORE: (PCD) KREDIETE

Ek bedank en waardeer alle pastore wat reeds hul PCD-nakomingsertifikate (“compliance certificates”) deur hul plaaslike PCD-koördineerders ingedien het. Die pastore wat dit wel reeds gedoen het, en nog nie hul Pastoralestatus hernuwingskaarte (“credential cards”) ontvang het nie, word versoek om hul plaaslike PCD-koördineerder te kontak.

Alle pastore onder die ouderdom van 65 moes hulle PCD-nakomingsertifikate indien voor 31 Desember 2019 deur hul Streekssekretaris se kantoor – waarna dit gestuur word na die PCD Nasionale  Koördineerder se kantoor. Die verwagting is dat elke pastoor 50 PCD-krediete per jaar moet opbou. Dit beteken dus dat pastore wat in 2016 aangestel is, reeds 200 PCD-krediete moet hê. Pastore wat nie hieraan voldoen nie, word versoek om hul plaaslike PCD-koördineerders te kontak om te verseker dat hulle wel spoedig daaraan voldoen. Indien pastore nie aan hierdie vereistes voldoen teen die 31ste Januarie 2021 nie, kan dit hulle pastorale status negatief beïnvloed.

Vir verdere inligting oor die PCD proses, besoek gerus:
http://www.pcdafm.co.za/

2. BENOEMINGSPOEL: NOMINASIEVORMS

Vanuit die kantoor van die Algemene Sekretaris is nominasievorms beskikbaar gestel vir die skepping van ‘n benoemingspoel (“nomination pool”). Elke Beheerliggaam van elke AGS Gemeente is  geregtig om een ​​nominasievorm te ontvang en te voltooi. Dit werk dieselfde met elke streekskomitee. Voltooide vorms moet terug besorg word aan die Nasionale Kantoor van die President deur: aflewering, geregistreerde pos of per e-pos. Die e-pos adres wat hiervoor gebruik moet word, is  elections2020@afm-ags.org.

Die sperdatum vir die indiening van hierdie nominasievorms is Dinsdag 31 Maart 2020, nie later as 16h00 nie. Geregistreerde AGS Gemeentes wat nog nie hierdie vorms ontvang het nie, word versoek om die kantoor van die Algemene Sekretaris (gedurende kantoor ure) te kontak.  Samewerking in hierdie verband sal opreg waardeer word.

Verwys ook gerus na die Omsendbrief (of “Circular”) wat uitgestuur was in hierdie verband:
http://afm-ags.org/category/media/

3. BYBELGENOOTSKAP VIERINGE

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika vier vanjaar sy 200ste (1820-2020) bestaansjaar! Ek wil ons Gemeentes uitnooi om deel te wees van hierdie vieringe deur donasies  aan die Bybelgenootskap te maak. Hierdie donasies kan gestuur word deur die Streekstesouriers / Administrateurs na die kantoor van die Algemene Tesourier. Die Nasionale Ampsdraers doen ‘n versoek op al die Gemeentes om Sondag 13 September 2020 as ‘n Bybel Sondag te beskou. ‘n Kollekte vir die Bybelgenootskap kan opgeneem word en meer inligting oor die werk wat hulle doen kan gedeel word. Ons Algemene Tesourier sal ‘n voorstel maak rakende ‘n donasie vanaf die NLF (Nasionale Leierskaps Forum) aan die Bybelgenootskap.

Die Bybelgenootskap se primêre fokus is die vertaling van die Bybel in verskillende tale, drukwerk en verspreiding van die Bybel teen bekostigbare pryse. Hierby sluit ek ‘n dokument in met die titel “The Bible Hope for All” wat gebruik kan word om die werk van die Bybelgenootskap op Gemeentelike vlak te bevorder:
THE BIBLE HOPE FOR ALL

Besoek ook gerus die Bybelgenootskap se aanlyn platforms:
https://www.facebook.com/biblesocietysouthafrica/
http://www.biblesociety.co.za

Seën!
Past. M.G. Mahlobo

Spread the word...