Laai die PDF-weergawe hier af (om maklik te e-pos of uit te druk):
AGS NUUSFLITS: Vrydag, 11 Maart 2022
HULPBRONNE
1. AGS van SA: Nasionale Kalender 2022
https://afm-ags.org/afm-calendar-2022/
2. Nasionale Kinderbediening: 2022 GBM Kennisgewing, Registrasie & Ondersteunende Bylaes (Dringend!)
https://afm-ags.org/national-childrens-ministry-resources/
3. 2022 NOB Bemagtigings Besoeke: Program
https://afm-ags.org/2022-nob-empowerment-visits/
4. Pastorale Brief: 1ste Kwartaal 2022 (Binnekort Hier! 25 Maart)
NOB Strategiese Missionale Doelstellings vir die volgende 3 jaar; Goeie Bestuur & Missionaliteit; Rentmeesterskap
AGS Kollega,
1. GEBED: VIR ‘N EINDE AAN DIE OORLOGSITUASIE EN VOORTGESETTE SPANNING IN DIE OEKRAÏNE EN RUSLAND
Ek doen ‘n beroep op al ons Pastore en Gemeentes om voort te gaan om te bid vir ‘n vredevolle oplossing vir die oorlog en spanning in Oos-Europa en veral tussen die Oekraïne en Rusland.
Alhoewel daar aggressors en politieke motiewe aan alle kante van hierdie opbouende spanning en geweld gevind kan word, is die slagoffers die gewone burgers, moeders en kinders wat uit hul huise moet vlug en sonder kos, water en skuiling is. Dit is nie aanvaarbaar dat hospitale, noodteaters en selfs kraamsale gebombardeer en vernietig word nie.
Wanneer ons sien en hoor van al hierdie dinge wat in die wêreld gebeur, word ons weer daaraan herinner dat daar ‘n eskatologiese tydlyn in die geskiedenis ontvou en dat die Bybelse belofte en verwagting van die wederkoms van Jesus steeds staan. Laat ons voortgaan om die werk van die verspreiding van die Evangelie te doen, terwyl dit nog dag is. (Johannes 9:4).
Op 25 Februarie 2022 het Past. M.G. Mahlobo (President van AGS Internasionaal), namens die AGS Internasionale Presidentsberaad ‘n verklaring vrygestel waarin hy dringende gebed versoek vir die situasie tussen Rusland en die Oekraïne. Kyk die videoboodskap hieronder. Om die geskrewe verklaring te lees, besoek die AGS van SA se Facebook-blad: https://fb.watch/bFuW2OyAjp/
2. 2022 NOB BEMAGTIGINGS BESOEKE
Ons sien daarna uit om weer persoonlik met ons Pastore, Kerkrade, Departemente, die Jeug en verteenwoordigers van Gemeentes te kan ontmoet tydens die NOB Bemagtigings Besoeke aan ons streke. Hierdie jaar gesels ons oor die tema van Rentmeesterskap, wat deel van ons almal as gelowiges en dienaars van God se roeping, uitmaak. Rentmeesterskap is ook ‘n belangrike deel van ons Missionale Strategie onder die fokus area van Goeie Bestuur (Governance).
As die Here wil, sal ons by die volgende plekke op die volgende oorblywende datums wees:
08-09 April: Gauteng (AGS Herlewingsentrum, Pretoria) & Noordwes (AGS Oase, Klerksdorp).
20-21 Mei: Noord-Kaap (AGS Rehobot, Upington) & Oos-Kaap (Gees en Lewe, Oos-Londen).
Hoogtepunte van die Mpumalanga en Limpopo NOB Bemagtigings Besoeke:
3. OPKOMENDE AGS VAN SA KONFERENSIES
AFM of SA National Men’s Fellowship Conference:
AFM of SA National Youth Conference:

Henri Weideman
