Nuusflits: ’n Nuwe AGS-Podsending: Saam Vorentoe
April 10, 2026
Newsflash: Pentecost: Empowered for Purpose
May 7, 2026
Nuusflits: ’n Nuwe AGS-Podsending: Saam Vorentoe
April 10, 2026
Newsflash: Pentecost: Empowered for Purpose
May 7, 2026

Laai af

AFM Unity Anthem: Indlela (30 Years of Unity)


https://www.youtube.com/watch?v=4-8iZhCuLj8

 
The AFM of South Africa’s Journey of Faith & Reconciliation (1996-2026):


https://www.youtube.com/watch?v=55Js1HjKH8A&t=2743s

PINKSTER: BEMAGTIG VIR ’N DOEL

Pinkster staan as ’n bepalende oomblik in die lewe van die Kerk. Dit dui nie net op die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 2 nie, maar ook op die geboorte, die sending en mandaat van ’n Geesvervulde volgeling. Alhoewel Pinkster dikwels met tale en geestelike gawes geassosieer word, lê die dieper betekenis daarvan ook in die uitstuur van gelowiges om die Evangelie tot aan die uithoeke van die aarde te verkondig.

Soos Handelinge 1:8 verklaar: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees … tot in die uithoeke van die wêreld.” Dit beklemtoon dat Pinkster nie net oor ’n ervaring gaan nie, maar ook oor die uitstuur van ‘n boodskapper. Die dissipels, wat eens bang en onseker was, is deur die beloofde krag van die Heilige Gees verander, nie vir persoonlike gemak nie, maar vir Goddelike doel.

Sending begin nie by menslike vermoë nie, maar by God se krag. Dit herinner ons daaraan dat ons pogings sonder die Heilige Gees soos ’n toestel sonder ’n battery is: vol potensiaal, maar sonder krag om werklik te funksioneer. Die Heilige Gees wil elke gelowige bemagtig om ’n getuie te wees, om nie net aangeleerde leerstellings te deel nie, maar ’n lewende ervaring van God se teenwoordigheid.

INDLELA – A NEW AFM PODCAST FOR THE WAY FORWARD, TOGETHER

Ons is regtig opgewonde oor die bekendstelling van die Indlela-potgooi. “Indlela” beteken “die weg” – en dit is presies waaroor hierdie potgooi gaan. Dit gaan oor die verkenning van die manier waarop ons leef, die manier waarop ons lei, en die manier waarop ons Christus saam as die AGS volg.

Deur middel van hierdie gesprekke wil ons belangrike en praktiese sake aanroer in die lig van hoe ons, as ’n beweging, dink en dinge doen. Van die aard van leierskap… tot wat dit beteken om kerk te wees en kerk-wees goed te doen. Van ’n begrip van Goddelike genesing tot gesonde lewenstyl en selfs onderwerpe soos om in tale te praat.

Indlela gaan nie net oor informasie nie: dit gaan oor formasie. Dit gaan daaroor om ons te help om saam te groei, gegrond te bly in die waarheid, en in eenheid vorentoe te beweeg. Die eerste episode word op 10 April vrygestel en sal gaan oor die belangrikheid van die plaaslike kerk. Word deel van die gesprek en kom ons hou aan om “die weg” saam te ontdek.

FUELLING THE FIRE 2026 – DEEL JOU TERUGVOER EN VOORSTELLE VIR 2027

Terugvoer

Jou terugvoer is vir ons baie belangrik! As deel van die NOB Bemagtigingsbesoeke nooi ons elkeeen wat die sessies bygewoon het uit om ’n paar minute af te staan om die opname te voltooi deur die QR-kode te skandeer. Jou insette help ons om die behoeftes van ons gemeentes en gemeenskappe beter te verstaan en speel ’n belangrike rol in die beplanning en bemagtigingsinisiatiewe vir 2027. Dankie dat jy saam met ons bou, versterk en groei vir die toekoms.

VOLGENDE OP ONS REIS

Volg die "National Men's Fellowship" Facebook-blad vir gereelde opdaterings! | https://www.facebook.com/NationalMensFellowship

Vriendelike Groete,
Henri Weideman