
Newsflash (with isiZulu Translations): Fuelling the Fire in 2026
January 19, 2026
Newsflash (with isiZulu Translations): Fuelling the Fire in 2026
January 19, 2026
HULPBRONNE
’N OPROEP TOT GESAMENTLIKE GEBED IN ’N TYD VAN NASIONALE UITDAGINGS
In hierdie kritieke tyd bevind Suid-Afrika hom voor uitdagings wat ons met nederigheid en eensgesinde gebed terugroep na God. Die verspreiding van Bek- en Klouseer in dele van ons land is nie slegs ’n landbou- of ekonomiese probleem nie; dit ontbloot die kwesbaarheid van ons voedselvoorsiening, die bestaansmiddele van boere en werkers, en die stabiliteit van talle landelike gemeenskappe. Wanneer vleis produksie ontwrig word, strek die gevolge veel verder as die plase en raak dit voedselsekerheid, werksgeleenthede, handel en die welstand van gesinne wat van die land afhanklik is vir hul daaglikse brood.
As gelowiges is ons reaksie nie paniek of wanhoop nie, maar ’n hernieude afhanklikheid van God, die Skepper en Onderhouer van alles. Ons word daaraan herinner dat die aarde en alles daarop uiteindelik aan die Here behoort (Psalm 24:1). Daarom bid ons vir wysheid, integriteit en duidelikheid vir veeartse, landbou-owerhede en leiers wat met die hantering van hierdie krisis belas is. Ons vra vir beskerming oor vee, vir doeltreffende inperking van die siekte, en vir krag, troos en ondersteuning vir boere wat swaar verliese en groot onsekerheid dra.
Terselfdertyd bring ons voor die Here, die verwoesting wat deur oorstromings in Limpopo, Mpumalanga en omliggende gebiede veroorsaak is, asook die ernstige droogte en watertekorte wat die Tuinroete en die Oos-Kaap tref. Hierdie uiteenlopende swaarkry herinner ons aan ons afhanklikheid van God in elke seisoen.
Laat ons die Here ernstig soek vir Sy ontferming, genesing, voorsiening en leiding, in die vertroue dat Hy ons nasie sal onderhou. Ek doen ’n beroep op al ons gemeentes om hierdie sake doelbewus voor God te bring in ons eredienste en gebedsbyeenkomste.

FUELLING THE FIRE IN 2026
Soos ons 2026 binnestap, word ons herinner aan ’n kragtige geestelike waarheid: vuur gaan nie dood omdat dit swak is nie, maar omdat die hout opraak. “Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood...” -Spreuke 26:20a. Mag jou geloof helderder brand, jou toewyding sterker word, en mag die vuur van God se Gees almal rondom jou aansteek in 2026.
WEEK OF PRAYER & FASTING
Ons Week van Gebed & Vas mag verby wees, maar die impak duur voort. Ons moedig ons pastore en lidmate aan om hierdie reeks in gemeentes, kleingroepe en persoonlike stiltetye te gebruik en te deel. Laat die Onse Vader ons geloof en gebedslewe bly vorm. Maak seker om die AGS se sosiale media te volg vir opkomende inhoud.
DIE NOB BEMAGTIGINGS BESOEKE
Die NOB-bemagtiging besoeke is oomblikke van geestelike versterking, belyning en praktiese toepassing. Elkeen wat dit bywoon, sal geestelik verryk word, in hulle bediening versterk word en bemagtig word om ’n betekenisvolle bydrae tot ons missionale roeping te lewer. Sluit by ons aan in jou provinsie en word deel van ’n kragtige beweging van eenheid, groei en Gees-geleide momentum.

Die laaste en finale uitnodiging vir aansoeke vir die AFM Legacy Leierskapprogram vir 2026
Dit is die laaste en finale uitnodiging vir aansoeke vir die AFM Legacy Leierskapprogram vir 2026 – wat nou oop is tot en met 31 Januarie. As jy tussen 25 en 35 jaar oud is en gereed is om doelgerig met geloof en impak te lei, is dít jou oomblik. Alle inligting is beskikbaar by: https://afm-ags.org/legacy-leadership-programme-2025-2026/

Vriendelike Groete
Henri Weideman


