Newsflash (with isiZulu Translations): Spiritual Seasons
February 28, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): Celebrating our Unity
April 4, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): Spiritual Seasons
February 28, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): Celebrating our Unity
April 4, 2025

HULPBRONNE

‘N VIERING VAN ONS EENHEID

Op 5 April 2025 vier ons weer ons eenheid as die AGS van Suid-Afrika.

Party van ons onthou steeds die dae toe ons eenkant geskuif was weens ons Pinkster-geloof. Toe daar teen ons gediskrimineer was en ons gesukkel het om grond te kry om kerke te bou. Baie van ons leiers, hoewel beter gekwalifiseer, is nie toegelaat om te lei, te dien of bevorder te word in sekere posisies en werksgeleenthede nie, omdat hulle in die “verkeerde” kerk was.

Hier staan ons vandag, deur God se genade – een van die grootste denominasies in Suid-Afrika met 1, 807 geregistreerde gemeentes en 2,578 geordende Pastore. Deur genade groei ons steeds, plant ons nuwe gemeentes en lei ons honderde studente op vir die bediening.

Die meeste van ons onthou steeds die moeilike en emosionele reis wat ons afgelê het tot op 5 April 1996, toe ons in Centurion byeengekom het om ons strukturele eenheid te bevestig ná jare van verdeeldheid. Nou, 29 jaar later, funksioneer ons in ons 43 streke regoor Suid-Afrika as EEN AGS-kerk. Ons doen dit met nederigheid, in erkenning van dié wat hard gewerk het vir hierdie eenheid, en met die besef dat ons eenheid steeds 'n voortdurende proses is.

Ons neem met hartseer kennis van die agteruitgang van sommige denominasies in ons land en die struwelinge wat ander steeds ondervind om eenheid te behaal. Terwyl ons vir hulle bid, is ons ook dankbaar in gebed vir ons eenheid en groei as 'n Kerk. Ons erken dat niks hiervan moontlik sou wees - of steeds moontlik is nie - sonder God se Woord as ons hoogste gesag en leidende lig, en die genade en teenwoordigheid van God, die Vader, die Seun en die Heilige Gees in ons lewens en gemeentes.

Laat ons voortgaan om ons plek in te neem as volgelinge van Jesus in Suid-Afrika. Laat ons ons eenheid koester en verdiep, laat ons aanhou om die dienaars van God te wees wat die Woord van Waarheid korrek hanteer en die Evangelie van Sy Liefde en Genade verkondig.

NOB BEMAGTIGINGS BESOEKE 2025 – UITNODIGING

Ons sien uit daarna om tydens die 2025 NOB-bemagtiging besoeke tyd in bediening deur te bring saam met ons Pastore, Gemeenteleiers, Kerkrade, Departemente en lidmate. Die tema is: “Sustaining the Fire”. "Sustaining the Fire" beteken om passievol en toegewyd te bly aan die teenwoordigheid en werk van die Heilige Gees in ons lewens.

Net soos 'n vuur ‘n bron van energie nodig het om aan die gang te bly, so moet ons ook ons geestelike lewens voortdurend voed met gebed, aanbidding, die lees van die Woord en gehoorsaamheid aan God. Die Heilige Gees se “vuur” verteenwoordig Sy krag, leiding en teenwoordigheid, wat ons geestelik lewend, sterk en doeltreffend hou. Wanneer ons hierdie “vuur” aan die brand hou, bly ons verbind aan God, gevul met energie vir Sy doel engereed om die wêreld metSy liefde en waarheid te beïnvloed.

“Never let the fire in your heart go out. Keep it alive. Serve the Lord.” Romans 12:11 (NIRV)

Tydens die 2025 NOB-streeksbesoeke sal die volgende onderwerpe aangespreek word: Goddelike Genesing, Kerkgroei, Evangelisasie en Missionale aksie vir Impak op die volgende Generasie.

Daar sal ook 'n sessie spesifiek vir Pastore en hul gades wees. Dit sal fokus op die balansering van bediening en die alledaagse lewe. Maak asseblief seker dat jou skedule so beplan word dat jy deel sal wees van hierdie interaksie.

Neem asseblief kennis dat die datums en lokale vir die 2025 NOB Bemagtigingsbesoeke bevestig is:

Die program vir Vrydag en Saterdag is ook beskikbaar op ons webwerf: https://afm-ags.org/category/events/

Ons sien daarna uit om julle daar te ontvang!

Vriendelike Groete! 
Henri Weideman