Newsflash (with isiZulu Translations): The True Meaning of Christmas
December 13, 2024
Newsflash (with isiZulu Translations): Seeking the Presence of God
January 17, 2025
Newsflash (with isiZulu Translations): The True Meaning of Christmas
December 13, 2024
Newsflash (with isiZulu Translations): Seeking the Presence of God
January 17, 2025

Hulpbronne

JANUARIE 2025: MAAND VAN GEBED EN VAS

Die AGS van SA wy die hele Januarie maand aan Gebed en Vas. Daar sal 'n fokus week wees vanaf 20-26 Januarie 2025 met die tema: Soek God se teenwoordigheid. Gedurende hierdie week sal die Nasionale Ampsdraers (NOB) m.b.v. kort video grepe 'n beroep op gelowiges doen om ons verbintenis met die Here te verdiep deur ons harte in lyn te bring met God se wil, Sy leiding te vertrou en Hom in elke besluit te erken.

Die week sal genesing en herstel in ons geloof, liggame, verstand en verhoudings beklemtoon, gebaseer op die belofte van Christus se offer vir ons heelheid. Dit nooi almal uit tot gebed vir persoonlike en gemeenskaplike herlewing, wat vreugde en geestelike vernuwing aansteek. Maak asseblief seker dat julle as gemeente genoeg tyd opsy sit vir hierdie belangrike deel van ons lewe as gelowiges: Gebed en vas.

NOB BEMAGTIGINGS BESOEKE 2025

Tydens die 2025 NOB-streeksbesoeke sal die volgende aangespreek word:
Goddelike Genesing, Kerkgroei, Evangelisasie en Missionale aksie vir Impak op die volgende Generasie.

Daar sal ook 'n sessie spesifiek vir Pastore en hul gades wees. Dit sal fokus op die balansering van bediening en die alledaagse lewe. Maak asseblief seker dat jou skedule so beplan word dat jy deel sal wees van hierdie interaksie.

Vriendelike Groete!
Henri Weideman