Nuusflits: Vrydag, 12 Julie

Laai die PDF weergawe hier af:

12 JULIE AFR 2019

Geagte Kollega,

1.  ‘n SPESIALE VERSOEK: AGS NASIONALE KONFERENSIE

Ons sien daarna uit om die AGS-familie te verwelkom by ons jaarlikse Nasionale Konferensie wat in September gaan plaasvind. Ons wil graag sien dat al ons lidmate en gemeentes bewus is van die konferensie. Ons glo dat vanjaar se tema “Gewortel in Christus” ‘n belangrike boodskap is vir die missionêre-gedrewe kerk.

Vir hierdie doel het ons spesiale bemarkingsmateriaal ontwikkel wat ons pastore tydens dienste kan gebruik. Dit sluit die volgende elemente in:

  • ‘n 2:00 min promosie-videogreep.
  • ‘n Facebook-omslagfoto.
  • Twee “Power Point Slides” wat ook tydens dienste gebruik kan word.
  • En ‘n Plakkaat.

Die bemarkingsmateriaal is tans in Engels, maar gaan ook in Afrikaans en Xhosa beskikbaar gestel word. Hierdie weergawes sal vrygestel word op Vrydag, 19 Julie.

Ek wil jou solank aanmoedig om van die Engelse hulpbronne af te laai en intussen te gebruik in jou kommunikasie met ons lidmate:
http://afm-ags.org/category/media/

Onthou ook dat aanlynregistrasies aanvaar word:
https://afm.easychurch.co.za/?page_id=365

2.  KONFERENSIE TERUGVOER: AGS NASIONALE DEPARTEMENTE

Nasionale Jeug Departement Konferensie – Oos-London

Die Jeug Konferensie het op 21-23 Junie 2019 in Oos-Londen plaasgevind. Die konferensie bywoning getal was 3,500 – hoofsaaklik jongmense. Die tema vir die konferensie was: “Die Impak van die Heilige Gees.” Tydens die konferensie is aangekondig dat die 2020 Konferensie in Kimberly in die Noord-Kaap gehou sal word. Inligting in hierdie verband sal betyds beskikbaar gestel word. Kom ons hou aan ons jeug ondersteun om die konferensies by te woon!

Nasionale Susters Konferensie – Kaapstad

Die Nasionale Susters Konferensie het op 5-7 Julie 2019 in Kaapstad plaasgevind. Altesaam 9,073 mense, meestal vroue, het vir hierdie konferensie geregistreer. Die voorsitter van die departement, Mev. M.J. Mahlobo, het in haar verwelkoming sommige van die departement se doelwitte uiteengesit:

  • Om te sorg vir die behoeftiges,
  • Om fondse en goedere vir die departement se doelwitte te versamel, en
  • Om ‘n Christus-gesentreerde karakter te fasiliteer.

Die konferensie se tema was: “Remaining strong in the face of storms”. Die konferensie sprekers het die vrouens gemotiveer om sterk en veerkragtig te bly in die lig van die storms van die lewe. Op hierdie manier sal hulle ‘n Christus-gesentreerde karakter ontwikkel.

Een van die hoogtepunte van die konferensie was om vir die behoeftiges te sorg. Die konferensie het R20,000-00 aan die Garankuwa Sunrise Hospice geskenk. Die konferensie het ook skooluniforms geskenk aan 40 leerlinge van die Laerskool Vuselela in Khayelitsha (Kaapstad). Die uniformpakkette bevat 40 skoene, 40 sokkies, 40 reënjasse, 40 sweetpakke, 40 truie; 20 “tunics” (vir die meisies) en 20 dasse (vir die seuns). Op hierdie manier het die susters hulle betrokkenheid getoon by die plaaslike gemeenskap en hul behoeftes. Gemeenskapsbetrokkenheid is een van ons Game Plan drywers.

Ek wil beide die Jeug en die Susters gelukwens met suksesvolle konferensies!

3.  DRIEJAARLIKSE AGS INTERNASIONALE KONFERENSIE 2019

2019 is die jaar vir die AGS se internasionale konferensie.

TEMA: “MISSIONAL CHURCH DISCIPLING THE NATIONS”
Datums: 19 – 24 Augustus 2019; Nairobi, Kenia.

Vir alle inligting wat verband hou met Registrasie, verwys asseblief na die onderstaande skakels:
https://apostolicfaithkenya.com/events/2019-afm-international-conference/
http://afm-ags.org/category/events/

Seën!
Past. M.G. Mahlobo