Nuusflits: Vrydag, 2 November

Laai die PDF weergawe hier af:

 2 NOV AFR 2018

DIE AGS IN ZIMBABWE

Ons broers en susters in die AGS in Zimbabwe gaan tans deur ‘n pynlike ervaring met die moontlikheid van kerkverdeling. Soos jy dalk al bewus is, beplan die AGS Internationaal om voort te gaan met sy ingryping. In die AGS Internationaal se intervensieverslag is ‘n pleidooi aan alle partye en groepe gedoen om enige aksie te vermy wat tot die verdeling van die kerk kan lei. Dit het nog nie gebeur nie. Daar word huidiglik ‘n nasionale verkiesing beplan vir hierdie komende Saterdag, 3 November 2018. Tydens hierdie geleentheid sal die nasionale ampsdraers verkies word. Dit sal plaasvind terwyl ‘n ander groep, onder leiding van die huidige adjunkpresident, beweer dat die nasionale ampsdraers alreeds verkies is. Beide groepe gebruik dieselfde konstitusie en dieselfde naam. Ek vra dat ons bid vir God se ingryping. Kom ons bid vir ‘n vriendskaplike oplossing van alle verskille met die oog daarop dat hulle weer ‘n verenigde kerk kan word.

EUGENE PETERSON IS OORLEDE

Eugene Peterson, die Presbiteriaanse pastoor wat 35 boeke geskryf het en wat die “Message Bible” insluit, is op 85-jarige ouderdom oorlede. Hy is een week na sy opname in ‘n “hospice” oorlede aan komplikasies wat verband hou met hartversaking. Hy het as pastoor afgetree in 1991 en word toe ‘n professor by Regent College in Vancouver, British Columbia. Van sy laaste woorde was: “Let’s go.” Kom ons hou sy familie in ons gebede.

Past. MG Mahlobo