Newsflash: Friday, 13 July

Laai die Nuusflits af in PDF formaat:

 13 JULIE AFR 2018

 

Die kerk se betrokkenheid by die uitdagings van die plaaslike gemeenskap

Gedurende ons feesvieringe van die AGS se 110de  jaar word ons konstant herinner dat ons as ‘n kerk en as individue “gestuur” is – gestuur om voort te gaan met die missie van ons Here Jesus Christus (Mattheus 28:16-20).  Gemeenskapsbetrokkenheid is een van die AGS se strategiese drywers.  Dit gaan daaroor om die ware behoeftes in ons gemeenskappe aan te spreek, om sosio-ekonomies en Geestelik relevant te wees.  Hieronder is ‘n kort artikel oor hoe die AGS prakties Gemeenskapsbetrokkenheid defnieër.

Ek wil jou aanmoedig om die volgende te doen:

  1. Besoek ons “One AFM Game Plan” bladsy op ons webtuiste.  Hier kan jy alle AGS strategiese drywers besigtig en aflaai in 4 verskillende tale:  Afrikaans, Engels, isiZulu en Sesotho.
    http://afm-ags.org/category/one-afm-game-plan/
  2. Stuur vir ons jou storie van Gemeenskapsbetrokkenheid.  Ons wil graag meer weet en hoor hoe en waar ons AGS gemeentes en lidmate betrokke is.  Jy kan ‘n e-pos stuur aan:
    chantalle@afm-ags.org

Seënwense!
MG Mahlobo

GEMEENSKAPSBETROKKENHEID

As ‘n kerk bevorder ons die saak van waarheid en geregtigheid in die samelewing en is ons aktief betrokke in die genesing en herstel van ons gemeenskappe.

Definisie:

“Eties” beteken vir ons om te doen wat reg is, volgens die beginsels van die Bybel.

“Sosio-ekonomiese toepaslikheid” verwys na ons betrokkenheid, soos Christus, in die fisiese, ekonomiese en verwante omstandighede waarin mense en gemeenskappe hulself bevind.

Gelyke beskrywing:

  • Help ander met hulle behoeftes
  • Steek ʼn hand uit na behoeftige mense
  • Doen goeie dinge teenoor ander
  • Opheffing
  • Maak ʼn verskil in mense se daaglikse lewens.
  • Dien die algehele persoon

Kerngeskrifte:

  • Jesaja 58:6-8
  • Matt. 10:8
  • Matt. 25:35
  • Lukas 4:18
  • Lukas 14:13+14
  • Jakobus 1:27

Ons betrokkenheid in ons gemeenskappe is van kardinale belang. Dit vloei uit ons visiestelling: “Ons sien ʼn kerk wat vir alle mense toeganklik is, wat ons eenheid en Godgegewe diversiteit vier, wat ons lidmate bemagtig om om te gee en ons gemeenskappe tot God se glorie te transformeer.”

Ons grootste motivering, om ʼn seëning vir ons gemeenskappe te wees, is nie humanisties of filantropies nie, maar die liefde van God. Onthou dat God Sy Seun gestuur het – nie as sulks vir die kerk nie, maar vir die wêreld. Hy gebruik Sy kerk om Sy instrument te wees om die wêreld, ons gemeenskappe, aan te raak.

Terwyl ons missionale roeping die fondasie van die “One AFM Game Plan” is, is Gemeenskapsbetrokkenheid belangrik vir die vervulling van ons missionale roeping. Die mate waartoe ons ʼn impak op ons gemeenskappe het, sal ons sending-gerigte sukses bepaal. Ons impak op ons gemeenskappe kan volgens die welbekende gesegde gemeet word: “Sal jou gemeenskap jou mis as jou kerk sluit?”

Ons lewe en bedien die evangelie in gemeenskappe wat nadelig deur die Bose Een, beïnvloed word. ʼn Groot deel van die Suid-Afrikaanse samelewing ly as gevolg van ons verskriklike sosio-ekonomiese omstandighede. Die kerk kan nie sy afstand hou en bloot die regering of filantropiese organisasies verantwoordelik hou nie, wat ook al die historiese en huidige redes vir hierdie situasie. As ons kan help en mense kan fasiliteer om hulself te help, het ons iets merkwaardig bereik. Die kerk moet sulke mense help deur om te gee, te bemagtig en te deel.

Ons moet egter, in ons betrokkenheid in sosio-ekonomiese sake, op ons hoede wees dat mense nie afhanklik gehou word nie. Dit ontwikkel maklik in ʼn mentaliteit van op iets geregtig wees – ʼn ingesteldheid wat reeds in SA glashelder is. Ons moet mense bemagtig om verantwoordelikheid te neem vir hulle eie lewens en toekoms – met ander woorde, help ander met hulle behoeftes. Ons doen goed as ons mense op betekenisvolle wyse kan help met opleiding en werkskepping.

Daar is, inderdaad, ʼn aantal van ons plaaslike kerke wat in hierdie verband merkwaardige sukses-stories kan vertel.

Toepassing:

Antwoord hierdie drie vrae om te bepaal tot watter mate GEMEENSKAPSBETROKKENHEID in jou gemeente toegepas word:

  1. Is jy bewus van die spesifieke behoeftes in jou plaaslike gemeenskap? [Lys en beskryf dit.]
  1. Is jy in staat om die gepaste strategie vir elke behoefte te identifiseer: (1) mobiliseer lidmate om betrokke te raak, (2) tree in vennootskap met bestaande gemeenskapsprojekte/-aktiwiteite of (3) stig/skep ʼn nuwe gemeenskapsprojek van nuuts af.
  1. Watter impak maak hierdie projek op jou gemeenskap? [Beskryf hoe jou gemeenskap as gevolg van hierdie projek verander het.]