Missionale Kerk

 As ʼn volgeling van Christus, weerspieël hom orals!

Elke AGS-lid word geroep as getuie van Christus!

 

Gelyke beskrywings:

  • “Wees” kerk buite die “kerkgebou”
  • Lede word geroep om getuies van Christus te wees.
  • Lede word geroep om Christus aktief in hul gemeenskappe te verteenwoordig.
  • Lede besef ten volle dat hulle verteenwoordigers van die Koningryk is.

Omskrywing:

ʼn Missionale-gerigte kerk is ʼn kerk waar elke lid hom-/haarself as  ʼn aktiewe lid van die liggaam van Christus ag, deur God geroep en gestuur om, waar ook al hy/sy is, die lig en die sout te wees.

 Kerngeskrifte:

  • Matteus 28:19
  • Markus 16:15
  • Johannes 20:21
  • Handelinge 1:8

 

Die woord MISSIONAAL is ʼn nuwe woord, maar dit is kernbelangrik om die ware betekenis te verstaan, aangesien dit nie bloot een van die strategiese fokuspunte van die AGS is nie, maar die fondament waarop ons strategiese plan gebou word. Om missionaal-gerig te wees is ons bestaansrede, die DNS van ons kerk en ons oortuigende verlossingsdoel. Die eerste generasie AGS-lede was werklik missionaal in hul daaglikse lewens, alhoewel die woord “missional” in ons vroeë jare nie gebruik of bekend was nie. Dit is selfs in ons naam ingegrif.

Ons moet die Groot Opdrag van ons Heer, Jesus Christus herontdek en onsself weer daarna rig: Matt. 28:19: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Markus 16:15: “Hy vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom” Johannes 20:21: “Soos die Vader My gestuur het, stuur ek julle ook.” Handelinge 1:8: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuie wees, sowel in Jerusalem as in die hele Judea en in Samaria en tot die uithoeke van die wêreld.”

Om ʼn MISSIONALE kerk te wees moet drie waarhede beklemtoon word:

1 – God is regtig die Groot Sendeling Hy is die eerste “Stuurder” en ook die eerste “Gestuurde een” – “Want so lief het God die wêreld gehad, dat hy… gegee het…” (Johannes 3:16) Die teologiese term is: Missio Dei – wat die Missie van God beteken. Dit is die opsomming en somtotaal van God se verlossingswerk. Die Vader het sy Seun gestuur; die Vader en die Seun het die Gees gestuur; die Vader, Seun en Gees stuur die kerk. Ons lees in die Evangelie van Johannes nagenoeg veertig keer oor Jesus wat gestuur is. In Johannes 20:21 sien Jesus homself nie net as die een wat gestuur is nie, maar ook die een wat stuur: “Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle ook.” Dit is van kardinale belang dat ons, die kerk, onsself — beide gesamentlik en as individue — as deur ʼn Sendeling-God gestuur, moet ag. Dit is belangrik om te besef dat die Groot Opdrag van Jesus nie slegs aan ʼn verkose paar, ʼn komitee of ʼn paar “sendingdenkende” mense in die kerk gegee is nie, maar aan die hele liggaam van gelowiges – geen gelowige word buite rekening gelaat nie!

2 – Missionaal-gerigte teenoor “aantrekkingskerk” (Soeker-sensitief)

Die kerkdiens is nie veronderstel om die primêre skakelpunt met dié buite die kerk te wees nie – veral in ʼn post-Christendom konteks. Terwyl daar niks daarmee verkeerd is om mense aan te lok kerk toe en vriendelik en sensitief teenoor soekers te wees nie, het die missionale kerk meer belang by die mense in die kerk na die mense van die wêreld toe stuur, eerder as om die mense van die wêreld by die mense van die kerk te kry. Sy primêre uitdaging is nie om meer mense in die kerk (gebou) te kry nie, maar om meer kerk onder die mense van die wêreld te kry. Die mark, in stede van die kerkdiens, word die hoofskakelpunt met die wat nie verlos is nie. Ons benadering van “kom en kyk” moet verander na “gaan en wees”.

 

Die hoofdeel van Jesus se evangeliebediening was nie tot die kerk/tempel beperk nie en het nie in die tempel of sinagoges plaasgevind nie:

1 – Hy het sy dissipels geroep – nie in die tempel of vanuit die teoloë en godsdienstige leiers nie, maar by hul werkplek – terwyl hulle vis gevang het en belasting opgegaar het. – (Matt. 4:19, Lukas 5:27+28)

2 – Sy grootste leer oor die Koningryk (die Bergrede) is, nie in die tempel nie, maar op ʼn berg, gelewer. (Matt. 5-7)

3 – Baie van sy wonderwerke het in mense se huise en op die pad plaasgevind.

4 – Hy het die plekke besoek waar daar oorvloedige hartseer en pyn was – Bethesda (Johannes 5:1-8)

5 – Hy het neergebuig en klein kinders in die strate van Jerusalem omhels. (Matt. 19:13-15)

6 – Hy was goedgesind teenoor sondaars, maar streng teenoor godsdienstige skynheiligheid. (Matt. 23:1-39)

7 – Hy het nie weggebly van vierings af nie – Cana. (Johannes 2:1-12)

8 – Hy het selfs by mense by hul werksplek aangesluit (Lukas 5:1-6)

9 – Hy het regoor grense sendelingwerk gedoen en gedurf om in die buiteland, met sterk okkultiese praktyke, in te gaan, waar ʼn maniak wat deur ʼn demoon besete is, regeer het en die mense Hom gesoebat het om weg te gaan. (Markus 5:1-20)

10 – Hy het die onaanraakbare (melaatses) aangeraak en die ongeliefde liefgehad (belastinggaarders/tollenaars – Lukas 5:12+13)

11 – Hy het kulturele-, geslags- en rassegrense geïgnoreer (Samaritaanvrou by die put – Johannes 4:1-10).

12 – Hy het met sondaars omgegaan – is ʼn “vraat en wynsuiper, vriend van tollenaars en sondaars” genoem. (Matt. 11:19) Hierdie was die tipe mense waarmee hy omgegaan het.

 

Die aantrekkingsmodel werk relatief goed waar die algemene kultuur tot godsdiens geneig is – soos in baie dele van Afrika. Die Westerse kultuur is egter post-Christen en die aantrekkingsmodel het meestal sy aanloklikheid en doeltreffendheid verloor. Daar is ʼn toenemende skeiding/skeuring tussen “kerk” en “wêreld.” In Christus het God (die Woord) “vlees geword”.  Ons noem dit “menswording”. Om “missional” te wees impliseer dat Christene (die kerk) in ʼn afgeleide sin Christus wat in ons gemeenskappe “mens geword het”, word. (Dit kan ook dien as ʼn verdere omskrywing van ʼn missionale-gerigte gelowige.)

 

3. Om ʼn missionale kerk te wees impliseer dat ons aktief aan die Missio Dei, of missie van God, deelneem.

Ons neem baie keer verkeerdelik aan dat die primêre aktiwiteit van God in die kerk is, eerder as om te sien dat God se primêre aktiwiteit in die wêreld is en dat die kerk God se instrument is wat na die wêreld toe gestuur word om aan sy verlossingsmissie deel te neem. Daar is vandag basies drie tipes kerke: 1- Kerke wat geen belang daarin het om verlorenes te wen nie en wat nie daarby betrokke is nie; 2- Kerke met ʼn sendingsprogram; 3 – Missionale-gerigte kerke. Hierdie beslissende onderskeid verhelder die verskil tussen ʼn kerk wat ʼn sendingsprogram het en ʼn missionale kerk. ʼn Kerk met ʼn sendingprogram sien sendingwerk gewoonlik as een aktiwiteit van baie ander, gelykwaardig belangrike, kerkprogramme. ʼn Missionale-gerigte kerk, aan die ander kant, fokus al sy aktiwiteite om sy deelname in God se agenda vir die wêreld. Alle aktiwiteite van die kerk moet op en om die Missio Dei gefokus en georganiseer wees. As die kerk vergelyk word met ʼn wiel, is missionaliteit nie die wiel se speek nie – dit is die kern, die kegel van die wiel. Alles moet daaraan verbind wees.

Dit is die Missio Dei/missie van God wat die kerk tot bestaan roep. Met ander woorde, ons kan nie meer die kerk sien as die beginpunt wanneer ons aan missionaal dink nie. Die kerk moet eerder as die gevolg van God se missie gesien word. In die woorde van Suid-Afrikaanse missioloog, David Bosch: “Dit is nie die kerk wat die missie onderneem nie; dit is God se missie wat die kerk daarstel.” Of ietwat anders gestel; “dit is nie soseer dat God ʼn missie vir Sy kerk in die wêreld het nie, maar dat God die kerk vir Sy missie in die wêreld het” (Christopher Wright)

 Missionale Kerk 

 

 

 

 

Leave a Reply