Kerklike Tug

2016/08/25

Kerklike tug word beskou as een van die merktekens (kenmerke) van die ware kerk. Alhoewel almal tug dalk nie só belangrik ag nie, is tug beslis nodig vir die welwese van die kerk.  Dit is 'n illusie om te dink dat enige kerk nooit met die hartseer en vernietigende mag van sonde in sy eie geledere te doen sal kry nie. Om nie die voortgang van sodanige sonde te stuit nie, beteken dat ons stilswyende medewerkers daarvan geword het.

Dit moet vir ons duidelik wees:  Sonde noodsaak tug.  Sonde is 'n vergryp aan God en Sy heiligheid.  Sonde was die rede waarom Jesus 'n wrede dood aan die vloekhout moes sterf.  Daarom kan die kerk nie maar die kop wegdraai en sonde sy gang laat gaan nie. Genade en liefde beteken nie dat ons maar oë toeknyp en sonde verdra nie - dit is permissiwiteit. Die Bybel praat in dieselfde asem van liefde en tug (Heb. 12:6). Om tug agterweë te laat, is eintlik 'n teken van gebrek aan ware liefde.

Die Kerk van Jesus is in sy wese 'n lewende organisme.  Enige lewende organisme beskik oor 'n meganisme om homself te reinig - met ander woorde om die onsuiwerhede en gifstowwe in sy sisteem af of uit te skei.  Dink aan die menslike liggaam, of dink aan die voorbeeld van die see.  Die see is gedurig besig om homself te suiwer en te reinig. Die Kerk van Jesus is ook 'n self-reinigende organisme. Enige lewende organisme wat ophou om homself te suiwer en die afvalstowwe en gifstowwe uit te skei, word siek en gaan uiteindelik dood. Hierdie selfde beginsel is ook waar van die Kerk. 

AttachmentSize
PDF icon kerklike_tug.pdf262.97 KB
Contact the AFM National Office
info@afm-ags.org
+27(12) 644 0490
+27(12) 644 0732/4
PO Box 9450, Centurion, 0046

PBO Number: 930004069


You can also send us a message using the online contact form.

AFM stands for "Apostolic Faith Mission" (in Afrikaans: "AGS - Apostoliese Geloofsending"). The AFM exists since 1908 and is the first and largest Pentecostal church in the country - with 1.4 million members in SA and currently established in 29 countries of the world. "Pentecostal" means that it is a church who believes that the Spirit of God is given to believers to live dynamic and overcoming lives. 
 
Read more